George Herald

Pastoor se huisbesoek

-

Gedig deur Bernard Fielies Ek hoor 'n harde gehamer met haas, tussen al hierdie chaos en geraas... en terwyl ek deur se kant toe skuiwe, verskyn pastoor in lewende lywe!

Versteen in my spore en skrik so groot, want vandag word ons skandes híér ontbloot... my mond hang oop en ek voel om te tjank; stotter en uiter woorde sonder klank...

My ma in die kombuis, besig met kos; ons hoor hoe sy 'n paar windjies los... my broers en susters...die duiwel woed; van oral hoor mens net "ma se goed"...

Pa suip bier uit die bottel...sommerso en oupa se "slowboat" laat hang sy oë, ouma is nog hups en heel uitgehaak; met haar "dirty dancing" word ons vermaak...

Pastoor verward, sy woorde nou min: ek sug, "ag aarde, sluk my net in"... almal stil en sommige verdwyn; in agtergrond speel, "Jou ding moet pyn!"

My oom ingekrimp staar oopmond na my en skud soos hy weer die "klôntjies" kry; droog vra my auntie van Namakwalan­d: "julle se smokkelhui­s is watter kant?"

My niggie van Napier het dronkverdr­iet, van jare se laat-oes...lyk soos 'n riet; my neef met die asma kreun en steun en van al die "drugs" nou net vel en been

Pastoor bemoedig, verskrik en vaal; Sodom en Gomorra bly hy herhaal... hy glo sy gebed sal vloeke verslind; tussendeur breek my broerskind 'n wind...

In die skande gesteek...my trane rol, maar dit blý my familie "after all"... Pastoor is weg, maar my maag bly werk; Sondag sit ek liewer agter in die kerk...

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa