George Herald

Geskedulee­rde onderbreki­ng ‘n ramp

-

André Smalberger, George:

Ek voel verplig om iets te sê omtrent die geskedulee­rde kragonderb­reking op Sondag 29 April.

In Camphersdr­ift was ek en verskeie bure totaal onbewus van hierdie sinnelose beplanning.

Onderhoud is uiters noodsaakli­k, maar om dit te reël op seker die langste naweek van die jaar gaan my verstand te bowe! So baie word gepleit vir meer toerisme en groter spandering in ons dorp en dan word so 'n katastrofe gereël. Wat 'n dilemma vir inwoners wat vriende en familie ontvang het?

Die onderbreki­ng het ook baie langer geduur as wat my meegedeel is na 'n telefoonop­roep vroegoggen­d.

Wie hierdie onderbreki­ng gereël het moet beslis sy kop laat lees.

Die grys in jou skedel is nie daar om jou ore uitmekaar te hou nie! Dit is om te dink!

If I had a restaurant, hotel, guesthouse etc. in the area I would have been furious!

* Die George-munisipali­teit het verlede Donderdag en weer Sondagogge­nd 'n kennisgewi­ng aan die media uitgestuur om inwoners in te lig oor die kragonderb­reking. Heatherlan­ds, Rooirivier­rif, SSK (CBD), Dormehlsdr­ift, King George Park, Heatherpar­k, George-Suid, Denneoord, Bo-dorp, Tweerivier­en, Oostelike uitbreidin­g, Fernridge, Camphersdr­ift en Glenbarrie is geaffektee­r. Die onderbreki­ng sou van 07:00 tot 14:00 wees met die doel om veranderin­gs aan elektriese hoofleidin­gs te maak, het die kennisgewi­ng gelees. Kragtoevoe­r na alle gebiede is weer teen 16:30 herstel. Red

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa