George Herald

Werksessie vir pasiënte wat kankerbeha­ndeling ontvang het

-

'n Spesiale werksessie word op 4 Mei vanaf 09:00 tot 12:30 vir pasiënte wat kankerbeha­ndeling ontvang het, by die Cancercare onkologie-eenheid in George gehou. Dit gaan die eerste van drie werksessie­s wees.

Die tyd na kankerbeha­ndeling is in meeste gevalle stresvol vir die familie en die pasiënt wat na hul normale lewenswyse wil terugkeer.

Sommige hanteer dit maklik, maar vind dit moeilik om 'n gesonde leefstyl te handhaaf. Weens moegheid en die vrees dat die kanker weer kan terugkeer word hulle soms deur depressie oorval.

Die werksessie sal aan kankerpasi­ënte die nodige hulp en inligting verskaf om hulle te help terwyl hulle aanpassing­s maak vir 'n lewe met kanker.

Van die onderwerpe wat bespreek gaan word is:

Hoe om aan te pas by jou nuwe lewe, Praktiese uitdagings om met kanker te leef,

Die vrees dat die kanker kan terugkeer Wat dit beteken om ‘n gesonde leefstyl te handhaaf

Hoe om langtermyn newe-effekte te hanteer.

Die aanbieders is Linda Greeff en Engela van der Merwe, lede van die Cancercare Onkologie maatskapli­ke span.

Bespreking­s kan gedoen word by Bernadine van Cancercare by bernadine. thompson@cancercare.co.za of telefonies by 044 884 0806.

 ??  ?? Fishing for Coca-Cola.
Fishing for Coca-Cola.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa