George Herald

Home Avêrs-vertoning goed ondersteun

- Brümilda Swartbooi

Lekker lag is die beste medisyne. Moses Williams, ’n boorling van Graaff-Reinet, het Sondag 29 April bewys dat hy altyd slaggereed is om 'n lekker grappie te vertel. Williams, algemeen bekend as Coloured Laaitie onder sy ondersteun­ers, kan uiteindeli­k na sy Home Avêrs-vertoning by Georgeburg­ersentrum, een droom van sy droomlysie afmerk.

"Ek het die grootste gemeenskap­saal in die SuidKaap met ondersteun­ers gevul, een ideaal het ek bereik," sê Williams.

"Sondagaand was my tweede uitverkoop­te vertoning in George na verlede jaar se Kleurling Sake by die Oakhurst George

Arts Theatre. Ek dink ek het die mense van George kwaliteit gegee vir hulle geld en dit was my goal, om die show vir die mense die moeite werd te maak," sê Williams.

Home Avêrs was vir Williams spesiaal, want dis die eerste keer dat sy hele familie al die pad vanaf Graaff-Reinet gekom het om hom te ondersteun.

Ten spyte dat die program met bykans 'n uur vertraag was weens tegniese probleme na die kragonderb­reking het oud en jonk die vertoning bygewoon en behoorlik hulle maagspiere getrek van lekker lag toe Williams op die verhoog verskyn.

Williams sê daar is nog baie waarna sy ondersteun­ers kan uitsien. "Daar is nog so baie wat ek vir my ondersteun­ers in George en die res van die Suid-Kaap, wat nog nie vir Coloured Laaitie in aksie gesien het nie, wil bied. Die volgende opvoering wat ek beplan is 'n tipe van 'n Maak 'n Lasproduks­ie waar ek van die Suid-Kaap se beste storievert­ellers op een verhoog wil plaas sodat mense net kan kom sit, ontspan en na ons mense se stories kom luister. Ek beplan ook nog 'n hele paar groot projekte wat beteken ek gaan ook baie groot name kry om my te help om hierdie projekte in die George en Suid-Kaap omgewing van stapel te stuur."

Williams bedank sy ondersteun­ers, borge, familie en sy tannie by wie hy tans woon, Sherley Jafta, vir ondersteun­ing en opkoms by Home Avêrs. Die openingsop­tredes sluit in, Heinrich Wesso, Craig Claassen en Veronique Ferndale (ook 'n boorling van Graaff-Reinet).

Persone wat belangstel om die DVD van Home Avêrs of Kleurling Sake te koop, is welkom om vir Moses by 074 301 2415 te kontak.

 ??  ?? Moses Williams (tweede van links) saam met sy borge, wat gehelp het om die aand moontlik te maak. Van links is Wazeer Brown (Urban Loop Streetwear), Gaylene en Basil Myners (BM Skills Developmen­t).
Moses Williams (tweede van links) saam met sy borge, wat gehelp het om die aand moontlik te maak. Van links is Wazeer Brown (Urban Loop Streetwear), Gaylene en Basil Myners (BM Skills Developmen­t).
 ?? Foto’s: Brümilda Swartbooi ?? Moses Williams, in aksie op die verhoog, Sondagaand 29 April, tydens sy Home Avêrs optrede. INLAS:Cassandra Janklaas sê sy geniet Coloured Laaitie se ‘jokes’.
Foto’s: Brümilda Swartbooi Moses Williams, in aksie op die verhoog, Sondagaand 29 April, tydens sy Home Avêrs optrede. INLAS:Cassandra Janklaas sê sy geniet Coloured Laaitie se ‘jokes’.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa