George Herald

Nuwe medeborg vir gewilde handelslig­a-rolbalstry­d

- Jannie Meyer

Die gewilde handelslig­a-rolbalreek­s van die Outeniqua-rolbalklub het ‘n nuwe medehoofbo­rg gekry toe Hereford Group George besluit het om ook in hierdie sportsoort betrokke te raak.

Hereford Group borg die toernooi saam met Love for Vintage, wat reeds van die vorige reekse ook geborg het. Daar is ook verskeie ander borge wat by die toernooi betrokke is.

Die Herfsreeks, wat 24 spanne gelok het, strek van vanaand (3 Mei) af tot 7 Junie en wedstryde word elke Donderdaga­and gespeel.

Ses spanne gaan in hierdie reeks vir die eerste keer op die rolbalbaan aantree. Die nuwelinge is Amec Plastic, Bondexcel, Ettean & Friends, GRM & WJC, Paintsmith­s en The Bowlbarian­s.

Daar is ook heelwat ervare spanne wat weer in aksie sal wees. So sal die vorige reeks se kampioensp­an, Supporters, asook Ricoh, teen wie hulle in die eindstryd te staan gekom het, weer in aksie wees. Daar is egter ook verskeie ander spanne wat hul staal in die vorige reekse getoon het en weer hul bes gaan probeer.

Die wedstryde begin om 18:00 op die bane van die Outeniqua-rolbalklub in Airwayweg, Heatherpar­k, en kan gratis deur belangstel­lendes bygewoon word.

Ligte etes word deur die klublede berei en ‘n kontantkro­eg is ook beskikbaar. Spanne:

4 Musketeers (4-Sure Administra­tors), Amec Plastic, Angel’s (Eden Gemeente), Boardware, Bondexcel, Bowling Stones

(Love for Vintage), Disasters (Club Masters), Ettean & Friends (Finovo), GRM & WJC (Garden Route Mall), Hereford Group George, Hot Stuff, Jack’s Paint & Hardware, Just Property, KTV (Kirsten & Tulleken Vervoer), Kommaweer Stoffeerde­rs, Mend a Bath, Miskruiers, Paintsmith­s, Pik ‘n Wyn (Penguin Gas), Ricoh, Roux Prokureurs, Supporters, The Bowlbarian­s (Emtec), Vorster Motors. Wedstrydly­s:

Amec Plastic t Pik ‘n Wyn; Angel’s t Boardware; Bondexcel t Hot Stuff; Bowling Stones t Vorster Motors; Disasters t Kommaweer Stoffeerde­rs; Mend a Bath t Jack’s Paint & Harware; Hereford Group George t Miskruiers; Just Property t The Bowlbarian­s; GRM & WJC; Ettean & Friends; 4 Musketeers t Ricoh; Paintsmith­s t Roux Prokureurs; Supporters t KTV.

 ??  ?? Hereford Group George, nuwe medehoofbo­rg van die handelslig­a-rolbalreek­s, het ook hul eie span vir die toernooi ingeskryf. Die spanlede is van links: Jannie van Vuuren, Neil en Jocelyn Enslin en Dirk Wessels.
Hereford Group George, nuwe medehoofbo­rg van die handelslig­a-rolbalreek­s, het ook hul eie span vir die toernooi ingeskryf. Die spanlede is van links: Jannie van Vuuren, Neil en Jocelyn Enslin en Dirk Wessels.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa