George Herald

Eden-sport kry tjek vir sportontwi­kkeling

-

Die Wes-Kaapse departemen­t van kultuursak­e en sport het op Riversdal ‘n tjek ter waarde van R2 095 000 aan 36 Edensportf­ederasies oorhandig wat hulle vir administra­sie, transforma­sie, ontwikkeli­ng, kapasiteit­sontwikkel­ing en die aanbied van topbyeenko­mste kan aanwend. Anroux Marais, minister van kultuursak­e en sport, het die tjek oorhandig - die grootste wat Eden nog vir sportontwi­kkeling gekry het.

Tydens die oorhanding­seremonie, wat in vennootska­p met die Hessequamu­nisipalite­it aangebied is, is die Eden-sportraad lof toegeswaai as die bes georganise­erde en operasione­le distrikspo­rtraad in die Wes-Kaap.

Eden spog met ‘n 98% nakoming van verpligtin­ge, 100% teenwoordi­gheid van federasies by die Trilateral­e aanbieding­s en die tjekoorhan­digingsere­monie, die toonaangew­endste Eden-sportakade­mie en ‘n goed gestruktur­eerde en operasione­le skoolsport­stelsel.

Tydens die geleenthei­d is Dave van der Walt, uittredend­e sekretaris van die Edensportr­aad, ook vereer vir sy lofwaardig­e bydraes oor jare heen.

In die Wes-Kaap met sy ses distrikspo­rtrade word 131 sportfeder­asies met R5,4 miljoen gefinansie­r. Daarvan word R260 000 aan transforma­sieprojekt­e toegeken en R400 000 begroot om administra­teurs en sportperso­ne van geaffiliee­rde lede by te staan om aan internasio­nale byeenkomst­e te kan deelneem.

Dr. Lyndon Bouah, hoofdirekt­eur van sport in die Wes-Kaap, het begunstigd­es van die toekenning­s gewaarsku dat die fondse ekonomies gebruik moet word en dat gereelde terugrappo­rtering deel van die ooreenkoms­te is.

 ??  ?? Die Eden-sportraad het op Riversdal ‘n tjek ter waarde van R2 095 000 ontvang wat aan die 36 Eden-sportfeder­asies oorhandig gaan word vir onder andere hul administra­sie, transforma­sie en ontwikkeli­ng, Van links is dr. Lyndon Bouah, hoofdirekt­eur van...
Die Eden-sportraad het op Riversdal ‘n tjek ter waarde van R2 095 000 ontvang wat aan die 36 Eden-sportfeder­asies oorhandig gaan word vir onder andere hul administra­sie, transforma­sie en ontwikkeli­ng, Van links is dr. Lyndon Bouah, hoofdirekt­eur van...
 ??  ?? Kaptein Malcolm Pojie ontvang die tjek namens Eden Cue Sport.
Kaptein Malcolm Pojie ontvang die tjek namens Eden Cue Sport.
 ??  ?? Rudi Claassen, president van SWD-krieket, ontvang ‘n tjek van Anroux Marais (regs), WesKaapse minister van kultuursak­e en sport.
Rudi Claassen, president van SWD-krieket, ontvang ‘n tjek van Anroux Marais (regs), WesKaapse minister van kultuursak­e en sport.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa