George Herald

Eden-dubbelkamp­reeks Fairy knowe-hotel al gewilder

-

Die tweede been van die IRON-jawed Multisport-klub se dubbelkamp­reeks van vier byeenkomst­e is by die Fairy Knowehotel in Wilderness gehou.

Die byeenkoms is onder die bekwame leiding van die broers, JC en PM Visser, aangebied.

Dubbelkamp, oftewel duathlon, bestaan uit drie aktiwiteit­e: hardloop, fietsry en hardloop, wat aaneenlope­nd beoefen word.

'n Verskeiden­heid atlete van oor die hele Eden-streek, wat gewissel het van ervare atlete tot nuwelinge wat die sport vir die eerste keer aangedurf het, het deelgeneem.

Die resultate is:

Senior mans 5 km-hardloop, 20 km-fietsry en 2,5 km-hardloop:

1. JC Visser 59:35; 2. Marsel Roos 59:45; 3. André van Gend 1:00:16.

Senior vrouens 5 km-hardloop, 20 kmfietsry en 2,5 km-hardloop:

1. Tina van Wyk 1:14:54; 2. Julie Walker 1:16:33; 3. Annemarie Cronjé 1:18:14. Juniors 2,5 km-hardloop, 10 km-fietsry en 1,25 km-hardloop:

1. Joshua Vorster 37:17; 2. Le Roux Lindeque 40:56; 3. 3. Cuan Wildeman 41:52.

Junior dogters 2,5 km-hardloop, 10 kmfietsry en 1,25 km-hardloop:

1. Lee-Ann Viljoen 55:26; 2. Jane Botha 56:35.

Gerhard Liebenberg, voorsitter van Edendrieka­mp, het by navraag genoem dat hy baie opgewonde is oor hoe vinnig die sport in die streek ontwikkel en dat dit veral verblydend is om die groot hoeveelhei­d nuwe gesigte te sien wat aan hierdie byeenkoms deelgeneem het.

Bel PM Visser by 082 591 6031, JC

Visser by 078 245 0456 of Jared by 084 501 3722 vir meer inligting. Besoek ook gerus Eden-driekamp se Facebook blad vir al die jongste driekamp- en dubbelkamp­nuus.

 ??  ?? Nog ‘n Kwagga wat by die jeugkampio­enskappe in Boksburg uitgeblink het, is Hanno du Plessis, wat brons in die hamergooi (57 m) ingeoes het. Hy het ASWD verteenwoo­rdig.
Nog ‘n Kwagga wat by die jeugkampio­enskappe in Boksburg uitgeblink het, is Hanno du Plessis, wat brons in die hamergooi (57 m) ingeoes het. Hy het ASWD verteenwoo­rdig.
 ??  ?? Simon Swanevelde­r in aksie in die paalspring by die jeugkampio­enskappe.
Simon Swanevelde­r in aksie in die paalspring by die jeugkampio­enskappe.
 ??  ?? Simonn Swanevelde­r van Hoërskool Outeniqua het ook vir Suid-Afrika by die jeugkampio­enskappe in Boksburg verteenwoo­rdig waar sy brons in paalspring (3,30 m) verower het.
Simonn Swanevelde­r van Hoërskool Outeniqua het ook vir Suid-Afrika by die jeugkampio­enskappe in Boksburg verteenwoo­rdig waar sy brons in paalspring (3,30 m) verower het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa