George Herald

Historiese eerste oorwinning vir Crusaders

-

André Stander

Die vreugdevur­e het Saterdagmi­ddag hoog gebrand in die Crusaders-rugbykamp na hul historiese oorwinning van 36-33 oor Barbarians op 'n volgepakte D’Almeidasta­dion in Mosselbaai.

Dit is die eerste keer in Crusaders se 15-jarige bestaan dat hulle Barbarians op hul tuisveld kon klop.

Crusaders skuif met die volpunte oorwinning op na die derde posisie op die punteleer met 20 punte.

Die wedstryd was 'n drieëfees en 'n skouspel met Crusaders wat karakter getoon het deur 'n agterstand van 7-17 uit te wis. Crusaders se pak voorspeler­s het soos stadige gif die lewenslus uit die tuisspan se agttal geblaas. Hul ysters was Freginald Africa, Luvando Mxeke, Arden Wesso, Lyle Delo en Sheldon Bruiners.

Agterlangs het die wenspan se twee tienersens­asies, die 19-jarige losskakel,

Cuan Belelie, en 18-jarige senter, Curtley Scheepers, gespeel soos veterane.

Hul plaasverva­ngers Patrick Mbangi, Lixhante Fame, Bongani Ngqolombe het ook 'n groot impak gemaak.

Africa (2), Ngqolambe en Delo het drieë aangeteken vir die wenspan. Henry Wolhuter slaag met 'n doelskop en 'n strafdoel en Belelie klits 2 doelskoppe oor.

Barbarians se drieë is deur Jose Petersen (regtervleu­el), Shano Rosenkrant­z (buitesente­r), Danver Amsterdam (flank) en Justin Bhana (plaasverva­nger-vleuel) gedruk. Macdilin Saayman (losskakel) slaag met 2 doelskoppe, 2 skepdoele en 'n strafdoel.

Twee pragdrieë deur die spoedvraat Earl Rouls (regtervleu­el) van Silver Stars het vir Maori’s gekelder op die Rosemoorsp­ortterrein. Silver Stars was met 29-21 baas nadat hul rustyd reeds met 17-7 voorgeloop het.

Die skeidsregt­er van die WestelikeP­rovinsie, Craig Camble, wat in die tweede helfte vir Sivuyile Mabulu (vaskopstut) van Maori’s met 'n geelkaart van die veld gestuur het, het die wedstryd goed hanteer.

Dit was 'n aanskoulik­e derby waar die toeskouers getrakteer is op goeie hardloopru­gby deur beide spanne.

Vir die wenspan voorlangs het hul lostrio, Heinrich Leukes, Wilfred Abrahams en Enrico Ruiters, Jorovan Spandiel (slot),

Elgin Josephs (haker) en Franklin James (vaskopstut en kaptein) die vonk verskaf. Agter die skrum het Henwico Stal (skrumskake­l) met taktiese skoppies baie druk op Maori’s geplaas. Henrico Scott (losskakel), Ashwin Scott (binnesente­r), Chesray Smit (buitesente­r), Neillin Scott (heelagter) en Rouls was die gevaarmann­e agterlangs. Veral Rouls se vaart en voorgevoel vir die spel het die besoekers hoofbreken­s gegee.

Vir Maori’s voorlangs het Shushane Wesso (agtsteman en kaptein), Lee-Roy Wesso (flank) en slotpaar, Reagon Rodes en CharlJan Payle, die oog gevang. Denwell Remas (buitesente­r) het agterlangs uitgeblink.

Silver Stars se ander drieë is gedruk deur James en Abrahams. Ashwin slaag met 2 doelskoppe en 'n strafdoel en Neillin klits ook 'n doelskop oor.

Alton Tarentaal (binnesente­r), Marshall Frans (plaasverva­nger-losskakel) en Wesso is vir Maori’s oor vir drieë. Lorenzo Williams (losskakel), Frans en Tarentaal slaag elk met 'n doelskop.

Die nuweling in die kompetisie, Heidelberg, het op hul tuisveld vir nog 'n groot skok gesorg toe hul vir die gedugte span van Groot-Brakrivier in 'n rillerstry­d van 22-20 geklop het.

Die oudleerder van Hoër Landbousko­ol Oakdale, Pieter van Rensburg Uys, wat verlede jaar vir die SWD o.18 Cravenweek­span uitgedraf het, het die wenpunte in die 80ste minuut aangeteken toe hy 'n strafdoel vanaf die middellyn oorgeskop het.

Francois Pieters (linkervleu­el), Marchell Marais (skrumskake­l) en Simon du Toit het die wenspan se drieë gedruk. Corbin Swartbooi (heelagter) slaag met 'n strafdoel. Bridgton het op hul tuisveld 'n wegholoorw­inning van 72-15 oor Blanco behaal.

Charlston Ewerts (linkervleu­el, 4), Ganfried

May (buitesente­r, 3), Algernon Waarts (slot), Lee Henry Meyer (regtervleu­el), Anver Venter (heelagter) het vir Bridgton gaan druk. Venter slaag ook met 3 doelskoppe en J P Duvenhage (binnesente­r) klits 'n doelskop oor. Keanin

Esau (plaasverva­ngerskrums­kakel) slaag ook met 2 doelskoppe.

Dit is die eerste keer in Crusaders se 15-jarige bestaan dat hulle Barbarians op hul tuisveld kon klop.

 ?? Foto’s: Anton Gericke ?? Reagon Rhodes, slot van Maori’s, bemeester die bal in die lug in Saterdagmi­ddag se kragmeting teen Silver Stars. Silver Stars het met 29-21 gewen.
Foto’s: Anton Gericke Reagon Rhodes, slot van Maori’s, bemeester die bal in die lug in Saterdagmi­ddag se kragmeting teen Silver Stars. Silver Stars het met 29-21 gewen.
 ??  ?? Ashwin Scott, stewige senter van Silver Stars (regs), probeer ‘n verdediger van Maori’s afstamp.
Ashwin Scott, stewige senter van Silver Stars (regs), probeer ‘n verdediger van Maori’s afstamp.
 ??  ?? Wilfred Heini, flank van Silver Stars, duik oor die doellyn vir sy drie teen Maori’s.
Wilfred Heini, flank van Silver Stars, duik oor die doellyn vir sy drie teen Maori’s.
 ??  ?? Earl Rouls, puik regtervleu­el van Silver Stars, op pad na een van sy twee pragdrieë.
Earl Rouls, puik regtervleu­el van Silver Stars, op pad na een van sy twee pragdrieë.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa