George Herald

Mans wen Plaat-trofee

-

Jannie Meyer

Vir die eerste keer in 32 jaar kon 'n mansrolbal­span van George vanjaar weer die Plaat-trofee omhoog hou in die hoogs kompeteren­de All Cape-toernooi wat in OosLonden gespeel is.

Die All Cape, waaraan spanne vanoor die hele land deelneem, is verreweg die grootste rolbaltoer­nooi vir klubspanne en lok elke keer deelnemers vanuit alle uithoeke in die land.

Die span van Outeniqua-rolbalklub, wat vanjaar met die plaat-trofee teruggekee­r het, het uit Attie Nortje, Jape Combrink, Alhan van der Merwe en Morné Lamprecht bestaan.

Die span van George-rolbalklub, wat die trofee in 1986 laas gewen het, het ook met 'n Van der Merwe-faktor gespog. Die Wes-Kaapse sportlegen­de Akker, vader van Alhan van der Merwe, se ander spanlede was Evert Goussard, Neil Laubscher en Fanie Muller.

Outeniqua-rolbalklub spog ook met die prestasie dat drie van sy manspanne die uitspeelro­ndes bereik het. Ongelukkig vir hulle het die loot bepaal dat hulle teen mekaar moes uitspeel.

In die eerste uitspeelst­ryd teen 'n medeklubsp­an het Nortje se span teen die van Bennie van Loggerenbe­rg met Terrence Wilson, George Fick en Pierre Stander as spanlede te staan gekom en met 32-6 gewen.

In die ander uitspeelst­ryd moes Nortje se span die Outeniqua-span van Greg Young met Das Barnard, Gillie Geldenhuys en Johan Fernhoudt aandurf nadat hulle eers 'n span van Colesberg met 24-12 verslaan het. By die laaste kop was Young se span met 3 punte voor, maar Nortjie het met briljante spel sy span se bas gered wat 'n gelykopuit­slag bewerkstel­lig het. Nog 'n addisionel­e kop moes gespeel word toe die Nortje-manne die knoop deurgehak het.

In die eindstryd was dit Nortje en sy span wat 'n gedugte span van Durbanvill­e moes aandurf. In hierdie stryd het die Outeniquas­pan weer uitstekend gevaar en die plaattrofe­e gemaklik met 19-12 gewen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa