George Herald

Koelkop Arende klop OP-Olifante met bonuspunto­orwinning

-

Hugo Redelinghu­ys

'n Koelkopver­toning, veral in die tweede helfte toe die OP-Olifante met ses punte voorgeloop het, het verseker dat die SWD-Arende sy veldtog in die Supersport­uitdaagree­ks met 'n puik oorwinning afgeskop het.

Die Arende het die Baaise span verlede Saterdagmi­ddag op hul tuisveld met 3420 geklop en in die proses 'n bonuspunt ingesamel.

Vir die Arende, wat tot dusver die seisoen net drie opwarmweds­tryde kon inpas voor sy ligaverpli­gtinge verlede week afgeskop het, moet dit 'n groot hupstoot wees vir hul selfvertro­ue. Daar was juis groot bekommerni­s onder die afrigtings­korps dat 'n gebrek aan wedstrydfi­ksheid en blootstell­ing aan fisieke kontak in 'n wedstrydsi­tuasie dalk sy tol kon eis. Maar, watwou, die Arende het vasgebyt en nie toegelaat dat 'n golf van paniek oor hul spoel nie. Dit voorspel net goed vir die seisoen wat voorlê.

Rynard van As, hoofafrigt­er, het 'n paar positiewe dinge omtrent dié wedstryd aan die George Herald uitgelig:

Die Arende se skrumwerk was uitstekend en hulle het die OP-Olifante daar goed opgedreun en gereeld op die agtervoet gehad.

Hul taktiese spel was van hoogstaand­e gehalte met veral Leighton Eksteen, wat die speler van die wedstryd was, en Divan Nel hier voor in die koor.

Die Arende het gewys hulle kan die druk hanteer, veral toe hulle in die tweede helfte agter geloop het en die tuisspan gedreig het om beheer oor te neem.

. Die plaasverva­ngers het 'n groot impak gemaak toe hulle opgestuur is. Die Arende het 'n klompie nuwe opwindende spelers bygekry wat nog dié seisoen nog vir hul naam kan maak.

Om 'n bonuspunt met 'n wegwedstry­d in te samel, is soos manna uit die hemel. Maar daar is ook enkele aspekte van hul spel wat pla:

Die Arende sal meer klinies moet wees by die afbreekpun­te.

Hul balbeskerm­ing skiet ook tekort.

Baie meer geduld is nodig op die aanval. Daar lê nog harde werk voor en hulle moenie nou grootkop kry ná die eerste oorwinning van die seisoen nie.

Vrydagaand op Outeniquap­ark wag die Grens en dis weer 'n ander uitdaging wat wag. "Ons sal moet herfokus en voortbou op ons vertoning teen die Olifante," sê Van As. "Ons kan en sal die Grens beslis nie onderskat nie."

 ??  ?? Die seëvierend­e rolbalspan van Outeniqua-rolbalklub wat die Plaat-trofee by die All Cape-toernooi omhoog gehou het. Van links is Morné Lamprecht, Attie Nortje, Japie Combrink en Alhan van der Merwe.
Die seëvierend­e rolbalspan van Outeniqua-rolbalklub wat die Plaat-trofee by die All Cape-toernooi omhoog gehou het. Van links is Morné Lamprecht, Attie Nortje, Japie Combrink en Alhan van der Merwe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa