George Herald

Bejaarde in haar huis vermoor

- Kristy Kolberg

Sy is vir haar Sassa-kaart, 'n pak hoender, koffie en suiker vermoor. Só het Susanna Maria Grovers (71) se gebroke seun, Bramley Mabee, aan die George Herald gesê.

"Dis al wat hulle gevat het. ‘n Mens se lewe is niks meer werd nie."

Na wat beweer word is Grovers Vrydagnag in haar huis oorval en versmoor terwyl sy geslaap het. Een van Grovers se bure het Sondag 6 Mei op haar liggaam in haar huis in Epeneta Jantjiestr­aat afgekom. Sy het op die bed gelê met 'n serp om haar nek.

Volgens kapt. Malcolm Pojie, die SuidKaapse polisiewoo­rdvoerder, was daar geen sigbare beserings aan die oorledene se liggaam nie.

"‘n Lykskouing is vroeër die week gehou om die presiese oorsaak van dood vas te stel," het Pojie gesê. "Daar is vermoedeli­k by die vrou se huis ingebreek en ons vermoed dat huisbraak en diefstal die motief vir die moord was." Voorlopige inligting dui daarop dat die aanvaller(s) toegang tot die huis verkry het deur 'n gat in die venster langs die voordeur te slaan en die huis van binne oop te sluit. Grovers het alleen gewoon en is verlede Vrydag laas lewend gesien.

Intussen blameer inwoners van Epeneta Jantjiestr­aat die dig beboste area oorkant Grovers se huis vir dié, asook vorige voorvalle by dieselfde huis.

Volgens Mabee was dit die derde keer wat daar by Grovers se huis ingebreek is. "Die bosse is 'n euwel en dis nie die eerste keer dat so iets gebeur nie. Twee maande gelede is sy deur 'n jongman in haar huis aangerand ná sy vir hom 'n bord kos gegee het.

"Vier jaar gelede het hulle ook by haar huis probeer inbreek deur die sitkamerve­nster. Sy het wakker geword, geskree en die bure het tot haar redding gekom."

Mabee het aan die George Herald genoem dat hy en sommige van die inwoners van Epeneta Jantjiestr­aat al talle versoeke aan die munisipali­teit gerig het om die bosse te verwyder, maar tot dusver het daar niks van gekom nie. "Ons is op die punt om 'n petisie op te trek om die bosse te laat verwyder. Dis 'n nes vir kriminele en hier is kwesbare mense wat hier woon."

Tot dusver is niemand in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Geen verbinding met 2016-moord

Volgens Pojie word daar tans geen verbinding tussen Grovers se moord en dié van Audrey Fivaz van Kliniekstr­aat in 2016 ondersoek nie.

Fivaz se liggaam is deur vriende op 6 Junie 2016 in haar slaapkamer ontdek.

Sy was bebloed en het beserings aan haar kop en gesig gehad. Die polisie vermoed sy is gedurende die nag oorval. Dit blyk of haar aanvaller(s) haar tussen die kombuis en voorkamer oorval en na haar slaapkamer gesleep het waar sy vermoor is.

Die nadoodse ondersoek het getoon dat sy versmoor het.

Drie mans is in verband met dié voorval in hegtenis geneem. Hulle is later vrygelaat omdat daar in daardie stadium nie genoeg bewyse was om hulle positief met die misdaad te verbind nie. Die ondersoek duur voort.

 ??  ??
 ?? Foto: Kristy Kolberg ?? Die beboste gebied langs Susanna Grovers se huis.
Foto: Kristy Kolberg Die beboste gebied langs Susanna Grovers se huis.
 ??  ?? Sien meer foto’s by www.georgehera­ld.com
Susanna Grovers se liggaam is verlede Sondag in haar huis in Epeneta Jantjiestr­aat, Pacaltsdor­p, gevind. INLAS: Grovers was volgens haar grootmaaks­eun, Bramley Mabee, ‘n liefdevoll­e mens wat altyd vir almal tyd...
Sien meer foto’s by www.georgehera­ld.com Susanna Grovers se liggaam is verlede Sondag in haar huis in Epeneta Jantjiestr­aat, Pacaltsdor­p, gevind. INLAS: Grovers was volgens haar grootmaaks­eun, Bramley Mabee, ‘n liefdevoll­e mens wat altyd vir almal tyd...
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa