George Herald

Vermiste man se lyk gevind

- Kristy Kolberg Vermiste student

Die liggaam van Christo van Aarde (55), die man wat op Maandag 30 April vermis geraak het, is Maandagmid­dag 7 Mei, in ‘n beboste area in Vyfdelaan, naby sy huis in Denneoord gevind.

Volgens die Suid-Kaapse polisiewoo­rdvoerder, kapt. Malcolm Pojie, word ‘n geregtelik­e doodsonder­soek gedoen en geen misdaad word in hierdie stadium vermoed nie.

Op die dag van sy verdwyning het Van Aarde sonder sy beursie of selfoon in die berg gaan stap. Hy is daarna nie weer gesien nie.

In ‘n Facebook-plasing deur sy seun, Chris, sê hy dat die familie nog die skok van die voorval verwerk en dat geen begrafnisr­eëlings nog getref is nie.

Die soektog na die Noorweegse student, Marie Ostbo (21) is intussen afgelas.

Ostbo het op Dinsdag 17 April op Myolistran­d verdwyn terwyl sy saam met ‘n buitelands­e studente-toergroep in Sedgefield vertoef het.

Sy het volgens die polisie omstreeks 18:00 op die strand gaan stap.

Slegs haar selfoon, hoed en skoene is later op die strand gevind.

Pojie sê hoewel die soektog na Ostbo afgelas is, sal polisieled­e gereeld die toneel besoek as deel van die opvolgonde­rsoek.

Hy het die publiek gevra om die polisie te kontak met enige inligting wat kan help om die raaisel van die jong student se verdwyning op te los.

Geen misdaad word in hierdie stadium vermoed nie.

IN SHORT

The body of Christo van Aarde (55), the man who went missing on Monday 30 April, was found in a bushy area in Fifth Avenue near his house in Denneoord on Monday 7 May. According to Southern Cape police spokesman, Captain Malcolm Pojie, no foul play is suspected at the moment. The search for the missing Norwegian student, Marie Ostbo (21), has also been called off.

 ??  ?? Christo van Aarde se liggaam is Maandag 7 Mei in Denneoord gevind.
Christo van Aarde se liggaam is Maandag 7 Mei in Denneoord gevind.
 ??  ?? Marie Ostbo het op 17 April vermis geraak.
Marie Ostbo het op 17 April vermis geraak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa