George Herald

2de kans op liefde

- Salette Cloete

Die ja-woord is op gebuigde knie in die hospitaal gevra, en nee, niemand was siek nie. Dit was ‘n mooi beplande verlowing deur David Erasmus van Le Vallia om sy aanstaande, verpleegst­er Marjorie Jantjies, se voete onder haar uit te slaan.

“Ons het al daaroor gepraat en selfs na ringe gaan kyk, maar die geld was nie daar nie. As ‘n mens vir seëninge vra, kan jy nogal verras word deur hoe die Vader jou gebede beantwoord,” vertel David.

Hy sê dis wat met hom gebeur het toe hy die Vader gevra het vir ‘n geldjie om sy kant toe te kom.

Dit was nie dadelik nie. Hy het aangegaan met sy lewe, en wou net opgee toe hy ‘n oproep van ‘n bekende wegneemete­plek in die dorp kry.

David sê hy het heeltemal vergeet dat hy vir ‘n kompetisie daar ingeskryf het, en was in die wolke toe hy meegedeel word dat hy ‘n mooi bedraggie gewen het. Dit was sy kans om vir Majorie, met wie hy al langer as ‘n jaar in ‘n verhouding is, die ring van haar drome te koop.

Marjorie sê sy het groot kinders en was nog nooit getroud nie. Toe sy David ontmoet, het sy geweet hy is die man vir haar, maar kon nooit droom dinge sal so gou gebeur nie.

“Ek is al 45 en het amper opgegee om ooit te trou, maar het nog elke jaar so bietjie hoop gehad dat dit vir my beskore is.”

Die paartjie se verlowing is met die kinders se hulp en ‘n kollega van Marjorie by George-hospitaal, Martie Williams, beplan. Williams het tot reg aan die einde lekker saamgespee­l.

David vertel hy moes mooi dink aan ‘n storie wat Marjorie sal glo. Uiteindeli­k was die plan dat hy sou voorgee dat hy sy hand in sy motor se kattebak vasgeslaan het, en dringend mediese hulp nodig het.

“Ek het geweet dit sal werk omdat sy my altyd daarteen waarsku,” lag hy. Hy is toe na Martie waar sy hom gehelp het om die ringboksie mooi in sy hand toe te draai.

Marjorie was besig met haar laaste pasiënt toe Martie vir haar sê daar het nog iemand ingekom wat sy gou na moet omsien.

“Dit was al ná 18:00 en ek wou toe net die dag se verslag klaarmaak en afgee, maar dink toe ek sal gou by die pasiënt inloer om te sê ek is nou terug.

Toe ek om die gordyn loer, hier lê David met ‘n verband om sy hand. “Ek het gesien almal lyk so gespanne. Ek het na hom gegaan en die lappie begin afhaal, maar was ook baie versigtig want ek het nie geweet nie hoe seer hy gekry het nie.” David se seun het in die hoek gestaan met sy selfoon onder die ken, maar Marjorie het geensins vermoed dat hy besig was om die hele verlowing op video vas te lê nie.

Sien video van verlowing by www. georgehera­ld.com en lees meer oor hoe David die groot vraag gevra het.

Die familie is opgewonde oor die nuwe stap vorentoe. Die verlowing het ‘n klein storm op Facebook ontketen. Vandat die video opgelaai is, is dit 2 631 gedeel, 172 000 keer gekyk en het dit 1 700 likes ontvang.

Marjorie sê hulle het gelukwensi­nge van sover as Amerika, Dubai en Australië ontvang. “Daar was ook nog te veel om te tel van ons plaaslike vriende, familie en kollegas.”

Die troue wat nog altyd vir Marjorie net ‘n droom was, gaan nou uiteindeli­k ‘n realiteit word. En sommer binnekort, gis die blinkoog paartjie.

 ??  ?? Sien ‘n video by www.georgehera­ld.com
David Erasmus en sy verloofde, Marjorie Jantjies. Die twee se romanse het almal weer laat glo dat liefde jou laat in jou lewe kan vind.
Sien ‘n video by www.georgehera­ld.com David Erasmus en sy verloofde, Marjorie Jantjies. Die twee se romanse het almal weer laat glo dat liefde jou laat in jou lewe kan vind.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa