George Herald

Rosedale-moord: verdagte pleit in Junie

- Kristy Kolberg

Die moordverda­gte, Rowandro Ruiters, wat verlede jaar vir die moord van Johnwin Pato (18) aangekeer is, het Donderdag 3

Mei vlugtig in die George-landdrosho­f verskyn. Ruiters word daarvan aangekla dat hy Pato op Vrydag 1 Desember naby sy huis in Lotstraat, Rosedale, vermoor het.

Die saak is deur landdros Phillip Mgwebile na die Thembaleth­u-streekhof oorgeplaas vir pleit en verhoor op 4 Junie.

Ruiters (27) is op 29 Desember op borgtog van R500 vrygelaat. Die vier verdagtes, Charldon Heynes, Kesharne Mostert, Marlen Willeman en Brenton

Pato (Johnwin se broer) wat ná ‘n beweerde wraakaanva­l op Johnwin se dood aangekla word van die moord op Gershwin

Verlaat (22) is sedert Desember steeds in aanhouding. Hulle verskyn weer op Vrydag 11 Mei in die George-landdrosho­f wanneer Pato se regsvertee­nwoordiger, Stefan Kleynhans, heraansoek vir sy borgtog gaan doen. Kleynhans het blykbaar nuwe getuienis wat hy aan die hof wil voorlê.

Die ander drie verdagtes word nie deur Kleynhans verteenwoo­rdig nie.

Zukile Mqulo verskyn vir die staat.

*The murder suspect, Rowandro Ruiters, who was arrested for the murder of Johnwin Pato (18), briefly appeared in the George Magistrate’s Court last Thursday, 3 May. Ruiters stands accused of killing Pato on Friday 1 December near his house in Lot Street, Rosedale. The case was transferre­d to the Thembaleth­u Regional Court by Magistrate Phillip Mgwebile. Ruiters will appear in Thembaleth­u for plea and trial on 4 June.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa