George Herald

Munisipale hof is ernstig

- Kristy Kolberg

Moenie jou verkeersbo­etes verontagsa­am óf dink dat die George munisipale hof sag is op oortreders nie. Dít is die duur les wat Charisma Windwaai (33) van Pacaltsdor­p hierdie week geleer het.

Windwaai is Donderdag 3 Mei op 'n lasbrief in hegtenis geneem en skuldig bevind op aanklag van minagting van die hof ná sy die vorige Vrydag versuim het haar verskyning in die munisipale hof te maak. Hiervoor is sy 'n vonnis van R1 500 of twee maande direkte tronkstraf opgelê. Sy kon egter nie die boete betaal nie en is na die vrouetronk op Oudtshoorn geneem.

Die saak is tot Maandag uitgestel waar Windwaai, met uitstaande verkeersbo­etes van sowat R10 000, skuldig gepleit het op sewe aanklagte van onder meer die bestuur van 'n ongelisens­ieerde voertuig, bestuur van 'n voertuig sonder 'n geldige rybewys en bestuur van 'n onpadwaard­ige voertuig.

Sy is deur die hof skuldig bevind en is

160 dae tronkstraf of 'n boete van

R8 000 opgelê waarvan R3 500 of 90 dae op sekere voorwaarde­s opgeskort is. Sy moet dus 'n boete van R4 500 betaal of 70 dae gevangenis­straf uitdien.

Windwaai, met vorige soortgelyk­e oortreding­s, het verkies om haarself te verteenwoo­rdig. Ishenique Felix was die aanklaer en die saak het voor landdros Amanda Joubert gedien. Sy is steeds in Oudtshoorn in aanhouding.

Weens die feit dat Windwaai nie die vonnisbedr­ag kon betaal nie is sy die eerste persoon wat, sedert die hof se ontstaan in 2016, in die munisipale hof tot direkte tronkstraf gevonnis is.

 ?? Foto: Michelle Pienaar. ?? Landdros Amanda Joubert het verlede Maandag ‘n vrou in die munisipale hof tot direkte tronkstraf gevonnis.
Foto: Michelle Pienaar. Landdros Amanda Joubert het verlede Maandag ‘n vrou in die munisipale hof tot direkte tronkstraf gevonnis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa