George Herald

Net ‘wittes’ glo vir veldtog gebruik

- Michelle Pienaar

Terwyl die dorp gespanne wag vir nuus oor die lot van hul leiers, het die DAkiesafde­lingsvoors­itter van George, Marchell Kleynhans, 'n klag van rassisme teen hul streekvoor­sitter, Jaco Londt gelê.

Kleynhans het die klag by die kantoor van die DA se nasionale leier, Mmusi Maimane, ingedien waarna dit verwys is na die Wes-Kaapse leier, Bonginkosi Madikizela. Madikizela het ontvangs van die klagte bevestig. Kleynhans beweer slegs wit raadslede en aktiviste is gebruik om vir die tussenverk­iesing in wyk 18 stemme te werf. "Hierdie optrede is lynreg teen die DA se beginsels en dus het ek mnr. Londt in my persoonlik­e hoedanighe­id aangekla en gevra dat hy aangekla word dat hy die party in onguns bring en sal ek dit waardeer indien hy deur die DA geskors word uit alle DA aangeleent­hede hangende die ondersoek," het Kleynhans gesê.

Londt het aan die George Herald gesê die klagte is onder sy aandag gebring. Op 'n versoek om kommentaar het Londt gesê die klagte is "belaglik en absolute nonsens". Hy het gesê die aangeleent­heid sal verder intern hanteer word.

Madikizela het by navraag gesê Kleynhans het teen die DA se beleid opgetree, deur die saak aan die groot klok te hang. "Ek vind sy optrede ondeund. Al die partye in die saak het nog nie hulle kant gestel nie, dit is nie hoe ons dinge doen nie," het hy gesê. "Ons hanteer die saak intern."

'n Foto wat van DA-raadslede en aktiviste geneem is tydens die verspreidi­ng van plakkate op 21 April, vier dae voor die tussenverk­iesing, is aan die George Herald verskaf. Die raadslede en aktiviste was verteenwoo­rdigend van alle kleurgroep­e.

 ??  ??
 ??  ?? DA-raadslede, aktiviste en struktuurl­eiers, waaronder die kiesafdeli­ngsvoorsit­ter, Marchell Kleynhans (voor, middel), na ‘n dag van pamflette uitdeel in wyk 18 (op 21 April) as deel van hul stemwerwin­gsaksie, vier dae voor die tussenverk­iesing op 25...
DA-raadslede, aktiviste en struktuurl­eiers, waaronder die kiesafdeli­ngsvoorsit­ter, Marchell Kleynhans (voor, middel), na ‘n dag van pamflette uitdeel in wyk 18 (op 21 April) as deel van hul stemwerwin­gsaksie, vier dae voor die tussenverk­iesing op 25...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa