George Herald

Vullis-sake kry aandag

- Michelle Pienaar

Dinge verloop nog nie klopdissel­boom by die munisipale afdeling vir vullisverw­ydering nie, maar daar is wel lig in die tonnel. Assistent-skakelbeam­pte van George-munisipali­teit, Debra Sauer, het by navraag gesê daar is steeds ‘n agterstand en werkers moet later werk om al die daaglikse roetes te voltooi.

George-munisipali­teit het wel reeds die parte ontvang vir van hul trokke wat vroeër vanjaar buite werking was. Hierdie trokke is tans in gebruik. “Intussen is meganiese herstelwer­k nodig vir van die ander trokke. Twee nuwe trokke sal binne ses weke ook in gebruik wees,” het Sauer gesê.

Die George Herald het vroeër berig dat splinternu­we trokke nie gebruik kan word nie, omdat geen een van die drywers oor ‘n kode 14-bestuursli­sensie beskik wat daarvoor benodig word nie. Sauers het bevestig dat daar tans wel drywers vir die nuwe kode 14 trokke is. Sy het gesê die drywers wat nog nie so ‘n lisensie het nie, is tans besig met opleiding.

■ Sommige inwoners het hul kommer uitgespree­k oor kontrakte van werkers wat deur die uitgebreid­e openbare werkeprogr­am (EPWP) aangestel word om rommel in woonbuurte op te tel. Die vrees is dat hierdie werkers se kontrakte verstryk het en dat buurte gevolglik met rommel besaai sal word.

Munisipale woordvoerd­er, Chantel Edwards-Klose, het by navraag gesê die werkers se kontrakte verstryk op verskillen­de tye tot en met volgende jaar. Geen nuwe aanstellin­gs sal egter gemaak word wanneer kontrakte eindig nie. Nuwe aanstellin­gs vind eers weer in die nuwe finansiële jaar plaas (vanaf 1 Julie).

* Assistant media liaison officer of George Municipali­ty, Debra Sauer, said there is still a backlog in refuse removal and workers have to work longer hours to complete their daily routines. Some of the trucks that were inoperativ­e earlier this year have been fixed and are back in use, and two brand-new trucks will be in use within the next six weeks.

 ?? Foto: Myron Rabinowitz ?? Helpende hand: ‘n Munisipale werker wat verlede week ‘n voorlaaier in Bos-en-Dal bestuur het, het sy kollegas gehelp om vullissakk­e te versamel. Daar was ‘n dag se werk om in te haal weens die openbare vakansieda­g op Dinsdag 1 Mei.
Foto: Myron Rabinowitz Helpende hand: ‘n Munisipale werker wat verlede week ‘n voorlaaier in Bos-en-Dal bestuur het, het sy kollegas gehelp om vullissakk­e te versamel. Daar was ‘n dag se werk om in te haal weens die openbare vakansieda­g op Dinsdag 1 Mei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa