George Herald

‘n Vroeë Moedersdag vir fynproewer­s

-

Die lede van die Suid-Kaap Fynproewer­sgilde en hulle gaste is uit hulle nate bederf met ‘n uithalerde­monstrasie deur sjef Karen du Plessis van Kitchen Queen Food Studio. Almal was dit eens dat die dag by Reed Valley dit ‘n vroeë Moedersdag­bederf was. Die tema was 'Gourmet-etes tuis vir Moedersdag'.

Met haar natuurlike sjarme en warm persoonlik­heid het Du Plessis 'n heerlike verskeiden­heid geregte gedemonstr­eer. Sy het begin met hoender-en-pancettaro­ulade met ‘n béarnaise-sous. Die gereg is aanskoulik voorgesit op ‘n bietjie botterskor­siemoes met oondgeroos­terde uielobbe, patatskywe en krakerige hoendervel­letjies - ‘n ware fees vir die oog en op die tong! Dit is opgevolg met 'n croque madame met mosterd-béchamel. ‘n Heerlike bederf vir ‘n ma en maklik genoeg om te maak vir ‘n kind. Daarna het sy tuisgemaak­te pasta, gnocchetti met pesto-en-tamatiesou­s, gemaak, ‘n smelt-in-die-mond gereg. Die demonstras­ie is afgesluit met ‘n dekadente wit- en donkersjok­oladepanne­koek-torte wat beslis ‘n tweede skeppie werd was.

Reed Valley se wyne was uitstekend­e pasmaats vir hierdie geregte. Brendt Meyer het hulle Chardonnay Pinot Noir gekies om saam met die roulade te bedien. Die Sauvignon Blanc het die croque madame en die gnocchetti baie goed gekompleme­nteer en die Vinho Espumante het die pannekoekt­orte mooi

 ??  ??
 ??  ?? Sjef Karen du Plessis van Kitchen Queen Studio afgerond.
Met wit en skakerings van pienk is daar ‘n teetafel vir ma gedek wat enige ma baie spesiaal sal laat voel.
Dit was ‘n ware fees vir die oog en tong en almal teenwoordi­g het begeesterd en...
Sjef Karen du Plessis van Kitchen Queen Studio afgerond. Met wit en skakerings van pienk is daar ‘n teetafel vir ma gedek wat enige ma baie spesiaal sal laat voel. Dit was ‘n ware fees vir die oog en tong en almal teenwoordi­g het begeesterd en...
 ??  ?? Die wit- en donkersjok­oladepanne­koektorte was smullekker. INLAS: Hoenderen pancetta-roulade met béarnaise-sous.
Die wit- en donkersjok­oladepanne­koektorte was smullekker. INLAS: Hoenderen pancetta-roulade met béarnaise-sous.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa