George Herald

Traumabera­ding in markplek brei uit in Tuinroete

-

Met die toevoeging van ‘n span geakkredit­eerde traumabera­ders het Arbeidsbed­iening die afgelope tyd sy dienste aan die markplek in die Tuinroete uitgebrei.

"Die Suid-Afrikaanse samelewing is in ‘n fase van sy geskiedeni­s waar baie mense die slagoffers word van ernstige traumaties­e insidente met ingrypende gevolge vir hulle persoonlik­e welsyn. Die nuusmedia dra weekliks berigte oor kapings, gewapende roof, inbrake, diefstal, ens. Werkgewers en werknemers wat aan die ontvangkan­t daarvan is, word emosioneel daardeur diep ontwrig," sê Floors Meyer, een van die beraders.

Hy sê op 'n ander vlak dra die sukkelende ekonomie dikwels by tot werkgewers en werknemers se emosionele trauma. "Besighede moet soms die deure sluit, eienaars het slapelose nagte oor ervaring van verlies wat daarmee gepaard gaan. As gevolg van die ekonomiese druk word werknemers dikwels afgedank, afgelê, of herontploo­i.

Dit dompel baie werkers dikwels in ‘n bestaanskr­isis."

In die lig hiervan het Arbeidsbed­iening vier van sy medewerker­s as traumabera­ders opgelei deur middel van 'n kursus van die Traumatic Incident Reduction Associatio­n (Tira), aangebied deur Louis Hough. Hough is ‘n internasio­naal geakkredit­eerde Tira-fasiliteer­der. Die beradingst­egniek word deur die

VSA se National Registry of Evidence-based Programs and Practices (NREPP) erken as ‘n bewese tegniek waarmee die berader die getraumati­seerde help om die trauma te integreer en sodoende los te kom van die emosionele effek daarvan.

Werkgewers en werknemers wat van hierdie gespesiali­seerde diens gebruik wil maak, kan Adrinette Muller by Arbeidsbed­iening per e-pos kontak by arbeidsbed­iening. tuinroete@gmail.com. Belangstel­lendes kan ook vir Floors Meyer bel by 082 684 2735.

Arbeidsbed­iening se kantoor is in die Albertasen­trum, h/v Albert- en Cradockstr­aat.

 ?? Photo: provided ?? George Campus student council chairperso­n, Obi Udochukwu, and fellow members of the student council share informatio­n to aspiring young “Madibaz” all the way from Uniondale.
Photo: provided George Campus student council chairperso­n, Obi Udochukwu, and fellow members of the student council share informatio­n to aspiring young “Madibaz” all the way from Uniondale.
 ??  ?? Louis Hough (middel, voor), Tira-fasiliteer­der, saam met Arbeidsbed­iening se span traumabera­ders, van links: De Mist van Zyl, Odile de Kock, Elphia Watson en Floors Meyer.
Louis Hough (middel, voor), Tira-fasiliteer­der, saam met Arbeidsbed­iening se span traumabera­ders, van links: De Mist van Zyl, Odile de Kock, Elphia Watson en Floors Meyer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa