George Herald

Taxi’s op busroetes ‘n tameletjie

- Lizette da Silva - Redakteur

Die landswye busstaking betree nou sy vierde week. Die een oomblik lyk dit of die einde in sig is, maar dan verdwyn die oomblik soos mis voor die son. Intussen stap pendelaars douvoordag van hul huise om betyds by die werk te kom want sommige werkgewers se geduld oor die laatkommer­y raak min en hulle dreig om personeel af te dank.

Ja, dit gebeur wel, liewe lesers. Dankie aan dié ondernemin­gs wat insig het en vir hul werknemers alternatie­we vervoer reël.

Intussen het plaaslike taxi’s ingespring om pendelaars tegemoet te kom. Dinge het goed verloop tot verlede week toe stakende busbestuur­ders vreedsaam op die plaaslike verkeersaf­deling in Pacaltsdor­p toegesak het om hul ontevreden­heid met die onwettige ryery van taxi’s op die busroetes te lug. Dansend het hulle in die verkeersaf­deling gesing en is daar weg nà ‘n vergaderin­g met die verkeersho­of en die polisie.

Maandagogg­end breek chaos uit in Pacaltsdor­p toe die stakende busbestuur­ders die pad versper om hul ongelukkig­e stemme harder te laat hoor. Ek en my twee spruite ontvang vroeg ‘n boodskap van ‘n vriendin dat ons moet wikkel en eerder Delvillepa­rk om moet ry anders is dit nag!

Groot opgewonden­heid heers in die motor terwyl ons ry en ek uitspring om ‘n foto te neem waar die polisie en verkeersbe­amptes met die stakers praat in Kennetjies­laagte - die duik naby Hoërskool Pacaltsdor­p - in

Beachweg.

Hoe nou gemaak…?

Eerstens het jy die pendelaars wat dankbaar is vir die taxi’s wat hulle ‘n alternatie­f bied tydens die staking.

Dan maak die taxi’s lekker ekstra geld met die ekstra roetes waar hulle nou sonder permitte, onwettig, kan ry sonder dat die verkeersow­erhede blik of bloos.

Derdens het jy die busbestuur­ders wie se staking nou heeltemal sonder trefkrag is.

Die verkeersma­nne en -vroue sit met hulle hande in die hare, want wat moet die gestrande pendelaars nou doen? Nie alleen sal die manne en vroue in blou die taxibestuu­rders woedend maak nie, maar die pendelaars sal ook halsstarri­g raak as hulle die taxi’s probeer stop!

Dit wil ook voorkom asof niemand aan dié tameletjie wil raak nie, en dis inderdaad ‘n taaierige saak wat morsig kan raak. Maar iets moet gedoen word. Elkeen het sy kant en stel sy saak wat vir ‘n mens verstaanba­ar is.

Maar wat gebeur nou as die staking eendag verby is?

Ek is baie bekommerd dat die situasie met die ryery op die roetes verder probleme gaan veroorsaak.

Gaan daar dan teen die taxi’s opgetree word? Gaan die taxi’s ophou ry op die roetes? Hulle is dan nou vir amper ‘n maand toegelaat om dit te doen sonder enige probleme.

Of gaan die wetteloosh­eid verdra word?

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa