George Herald

Helpende handjie met skoon oudit

-

Na verskeie navrae van die publiek oor wat presies 'n skoon oudit behels, het die George Herald die uittredend­e voorsitter van die George-ouditkomit­ee, Joe Stoffels gevra om 'n verduideli­king te verskaf:

"Daar word in die 'omgangstaa­l' gesê dat George-munisipali­teit (GM) en menige ander munisipali­teite in die land, die afgelope aantal jare skoon oudits van die Kantoor van die Ouditeur-Generaal (OG) ontvang het. In die geval van GM word gesê dat GM sedert 2012 skoon oudits ontvang het.

Wat in werklikhei­d gebeur, is dat GM elke jaar deur ‘n span kundiges van die kantoor van die OG besoek word om munisipale amptenare by te staan in die voorbereid­ing en finaliseri­ng van hul finansiële state. Hulle spandeer gewoonlik tussen ses en agt weke in George, en tydens hierdie "ouditprose­s" word daar gekyk na die rekords, dokumentas­ie, prosesse en verskeie ander sake van die organisasi­e. In baie eenvoudige taal kan ‘n mens sê dat die OG die amptenary help om hulle sake vir ‘n gegewe jaar in orde te kry.

Aan die uiteinde van die proses spreek die OG ’n mening uit oor die werk wat hulle gedoen het. Die proses is anders as die geval in die privaat sektor, waar die eksterne ouditeure inkom en op ‘n koue en objektiewe manier kyk na die finansiële sake van ‘n maatskappy vir ‘n gegewe periode, en daarna ‘n mening uitspreek.

Ek het my die afgelope aantal jare op verskeie publieke forums sterk uitgespree­k teen die term “skoon oudit”, en die ander lede van die ouditkomit­ee het my ondersteun in my siening. Jy kan nie praat van ‘n skoon oudit as kundiges van buite ses tot agt weke saam met jou amptenare spandeer om hulle te help om hul sake in orde te kry nie. Enige persoon wat die moeite wil doen om ‘n studie te maak van die bestuursve­rslae (Management Reports) van die OG die afgelope aantal jare, sal sien wat ek bedoel.

Myns insiens is daar nie een plaaslike owerheid in die land wat die afgelope aantal jare tegnies en in die ware sin van die woord ‘n skoon oudit gekry het nie. As my somme nie te ver uit is nie, sou ek reken GM het sedert 2011 meer as R20 miljoen spandeer aan ouditfooie vir die OG.

Die term 'skoon oudit uitkoms' (clean audit outcome) word landwyd gebruik om die uitkoms van die OG se werk te beskryf. Dit is iets heel anders as ‘n skoon oudit. Daarmee sê ek nie dat ek in wese ‘n probleem het met die manier hoe dinge tans gedoen word nie. Hulle moet net die 'kind' die regte naam gee."

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa