George Herald

Emile Minnie en kinderkoor hou konsert by NG Moederkerk

-

Die publiek van George kry op Vrydag 18 Mei geleenthei­d om 'n besondere gesamentli­ke produksie deur Emile Minnie en die Suid-Kaap Kinderkoor in die NG Moedergeme­entesaal om 19.00 te ervaar.

Emile se ryk stem, fenomenale klavierspe­l en vrolike persoonlik­heid word deur die suiwer koorklanke van die Suid-Kaap Kinderkoor, onder leiding van JanErik Swart, gekombinee­r om 'n unieke uitvoering te verseker.

Minnie word deur Laurika Rauch beskryf as een van Suid-Afrika se topAfrikaa­nse liedjieskr­ywers. Sy het al heelwat van Minnie se liedjies opgeneem, en resensente is dit eens dat Minnie se liedjies absoluut puik is.

Minnie se Nagmusiek-album is genomineer vir 'n Sama vir beste alternatie­we Afrikaanse album. Hy was onder die topdrie in die Huisgenoot Tempo-liedjiekom­petisie, hy is genomineer vir 'n Kanna by die KKNK, en hy was 'n finalis in die ATKV Crescendo-kompetisie.

Minne stel nou sy nuwe CD,

15 Onvergeetl­ike Jare bekend met van sy mooiste en gewildste Afrikaanse liedjies.

Verskeie Emile Minnie treffers, wat Sandkastee­l, Vang my, Eva, Wolraad Woltemade en Gee my jou Hand insluit, is deur Jan-Erik Swart vir vierstemmi­ge koor verwerk. Die Suid-Kaap Kinderkoor berei hul tans voor vir hul deelname aan die 10de Wêreldkoor­spele, wat later vanjaar in Pretoria aangebied word. Van hul kompetisie­liedere sal tydens die konsert aangebied word.

Kaartjies beloop R60 per persoon en

R40 vir skoliere/pensionari­sse.

Dit kan by Mimi by 082 585 0632 bespreek word en sal ook by die deur beskikbaar wees. Verversing­s sal tydens pouse te koop wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa