George Herald

Ricoh druk vroeg stempel af in sosiale rolballiga

- Jannie Meyer

Met ‘n puik oorwinning oor 4 Musketeers in die eerste ronde van die Outeniquar­olbalklub se Hereford Group & Love for Vintage-winterliga vir besigheids­panne het Ricoh van meet af hul stempel afgedruk en die voortou ingegeem.

Die wenspan van die vorige reeks, Supporters, het met die 13de plek afgeskop nadat hulle verrassend deur die ervare

KTV geklop is. Boardware het die tweede plek ingeneem na ‘n goeie oorwinning oor Angel’s.

Die groentjies­pan wat sommer in die eerste ronde hande opgesteek het, Paintsmith­s, het die derde plek ingeneem na ‘n oorwinning oor Butz & Gutz. Alhoewel Bondexcel, nog ‘n groentjies­pan, deur Mend a Bath geklop is, het hulle goed genoeg gevaar om die sesde plek in te neem met Mend a Bath vyfde.

Uitslae:

1 Ricoh 13; 2 Boardware 13; 3 Paintsmith­s 13; 4 Disasters 13; 5 Mend a Bath 13; 6 Bondexcel 12; 7 Miskruiers 12; 8 The Bowlbarian­s 12; 9 Bowling Stones 12; 10 GRM & WJC 11; 11 Pik ‘n Wyn 9; 12 KTV 9; 13 Supporters 7; 14 Amec Plastic 7; 15 Ettean and Friends 5; 16 Vorster Motors 4; 17 Just Property 4; 18 Hereford Group George 4; 19 Hot Stuff 4; 20 Jack’s Paint & Hardware 3; 21 Kommaweer Stoffeerde­rs 3; 22 Butz & Gutz 3; 23 Angel’s 3; 24 4 Musketeers 3.

Wedstrydly­s:

Supporters t Amec Plastic; Ettean and Friends t Vorster Motors; Just Property t Hereford Group George; Ricoh t Boardware; Paintsmith­s t Disasters; Mend a Bath t Bondexcel; Hot Stuff t Jack’s Paint & Hardware; Kommaweer Stoffeerde­rs t Butz & Gutz; Angel’s t 4 Musketeers; Miskruiers t Bowlbarian­s; GRM & WJC t Bowling Stones; KTV t Pik ‘n Wyn.

 ??  ?? Johann Faber van span Supporters ontvang sy prys van Ciska Ehlers wat die pryse oorhandig het.
Johann Faber van span Supporters ontvang sy prys van Ciska Ehlers wat die pryse oorhandig het.
 ??  ?? Dirk Wessels, een van die medehoofbo­rge wat ook vir Hereford Group George se span speel, kry ‘n prys van Ciska Ehlers.
Dirk Wessels, een van die medehoofbo­rge wat ook vir Hereford Group George se span speel, kry ‘n prys van Ciska Ehlers.
 ??  ?? Thys Harmse het na sy heel eerste rolbalweds­tryd vir span Butx & Gutz ‘n prys ontvang wat deur Ciska Ehlers oorhandig is.
Thys Harmse het na sy heel eerste rolbalweds­tryd vir span Butx & Gutz ‘n prys ontvang wat deur Ciska Ehlers oorhandig is.
 ??  ?? Alex Heyns van 4 Musketeers het ook met ‘n prys weggestap in die gelukstrek­king.
Alex Heyns van 4 Musketeers het ook met ‘n prys weggestap in die gelukstrek­king.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa