George Herald

George-rugbyklub nog onoorwonne

-

George-rugbyklub se veldtog in die SWD Presidents­liga (Kusstreek) is op mooi op dreef en beide die eerste en tweede span is nog onoorwonne.

Die eerste span het verlede Saterdag vir Happy Hearts op Brandwag behoorlik opgekeil en altesame sewe drieë gedruk. Happy Hearts het 3 drieë gedruk.

George het die tuisspan in die skrums verniel en goed 15 strafskopp­e daar afgedwing.

Vir George het Brandon Solomons (heelagter), Adrian Maduna (vleuel), Brandon Pienaar (stut), Landré Meyer

(stut), Nathan Church (plaasverva­ngersenter) elk een drie gedruk met Nathan Scott (losskakel) 2 drieë. Scott het met 5 doelskoppe en 2 strafskopp­e geslaag.

George se tweedes het sy eweknie van Happy Hearts in 'n oninteress­ante wedstryd met 26-19 te klop. George se plaasverva­ngers het in die laaste 15 minute 'n groot verskil gemaak en gehelp dat die wenspan 3 drieë kon behaal.

Die driedrukke­rs was Marius Venter (flank), Nathan Church (senter) met een drie elk. Werner Barnard (agsteman) het 2 drieë gedruk. Barnard het met sterk kraglopies gate deur die teenstande­rs gehardloop. Tot vier teenstande­rs het soms soos vinke aan hom gehang in 'n poging om hom te stuit.

Agterlangs het Ruan Gericke goed vertoon met sy flink systappe en aanval van heelagter af.

George pak Thistles van Freimershe­im Saterdag 12 Mei op Outeniquap­ark.

George se derdes pak 'n uitnodigin­gspan van George om 13:00 en om 14:15 speel sy tweede span teen Thistles. Die eerste spanne pak mekaar om 15:30.

Toegang is R20 per volwassene en toegang vir motors is R10. Kinders jonger as 15 kry gratis toegang. Super-rugbywedst­ryde word ook in die klubhuis gewys en braaipakke is teen R45 beskikbaar.

Enige besigheid wat op Outeniquap­ark wil adverteer kan vir Perez Julyan bel by

076 203 2889 vir meer besonderhe­de. George het die tuisspan in die skrums verniel en goed 15 strafskopp­e daar afgedwing.

 ??  ?? Jean-Jacque van Rooyen (regs), ‘n oudleerder van Hoërskool George, is by die Chrysalis-akademie in Kaapstad as die fiksste student aangewys. Benewens dié toekenning het hy in die drie maande kursus sewe sertifikat­e verwerf in, onder andere, leierskap,...
Jean-Jacque van Rooyen (regs), ‘n oudleerder van Hoërskool George, is by die Chrysalis-akademie in Kaapstad as die fiksste student aangewys. Benewens dié toekenning het hy in die drie maande kursus sewe sertifikat­e verwerf in, onder andere, leierskap,...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa