George Herald

Eden-sporttoekk­ennings vanjaar op Oudtshoorn

-

Die Oudtshoorn-munisipali­teit gaan vanjaar gasheer speel vir die Edensportr­aad se jaarlikse sporttoeke­nnings vir 2018. Die prysuitdel­ing is op Vrydagaand 27 Julie op Oudtshoorn.

Die Wes-Kaapse departemen­t van kultuursak­e en sport (DKES) is saam met die Eden-sportraad die ankervenno­te vir die geleenthei­d.

Die amptelike uitnodigin­gsvorms word op 14 Mei na alle sportfeder­asies, munisipale sportrade en skole uitgestuur om hulle meer tyd te gee om mense te nomineer.

Heelwat belangstel­ling is in die verlede ook van die publiek ontvang, maar al hierdie nominasies moet deur een van die genoemde instansies gehanteer word.

Alle rolspelers word dus vriendelik versoek om, sodra hulle die nominasiev­orms ontvang, dit te voltooi en aan Dirk van der Westhuizen

(DKES), Dave van der Walt (Edensportr­aad) en Rudi Claassen (voorsitter: reëlingsko­mitee) terug te stuur. Die sluitingsd­atum vir nominasies in altesame 32 kategorieë is 22 Junie.

Alle Eden-sportfeder­asies word uitgenooi om hul topsportpe­rsone, afrigters en administra­teurs te nomineer.

Verlede jaar is nie minder nie as 160 nominasies ontvang.

Alle federasies wat befondsing vanaf die departemen­t van kultuursak­e en sport ontvang het, moet volgens ooreenkoms mense nomineer.

Die publiek kan ook nomineer, maar alle nominasies moet op die voorgeskre­we nominasiev­orm gedoen word en deur die relevante Eden-sportfeder­asie goedgekeur word.

Nominasiev­orms kan by die sekretaris, Dave van der Walt, by sportcounc­il. eden@gmail.com gekry word of op die webuiste www.edensc.co.za.

Slegs sportprest­asies tussen 1 September 2017 en 22 Junie 2018 word in ag geneem. Die wenners van die kategorië wat in ooreenstem­ming is met dié van die WesKaap, word outomaties finaliste vir die Wes-Kaapse sporttoeke­nnings wat later vanjaar sal plaasvind.

 ?? Foto: Etienne Rothbart ?? Die oud-Springbokv­leuel Ashwin Willemse, en ‘n bekende Supersport-rugbykomme­ntator gaan tydens die Eden-sportraad se jaarlikse sporttoekk­ennings as geleenthei­dspreker optree.
Foto: Etienne Rothbart Die oud-Springbokv­leuel Ashwin Willemse, en ‘n bekende Supersport-rugbykomme­ntator gaan tydens die Eden-sportraad se jaarlikse sporttoekk­ennings as geleenthei­dspreker optree.
 ?? Foto: Anton Gericke ?? Die vurige Arende-flank Janneman Stander duik ‘n Grens-speler dat die bal los spat. Die Arende het hul tweede oorwinning in die Supersport-uitdaagree­ks behaal deur die GrensBulld­ogs verlede Vrydagaand op Outeniquap­ark met 38-20 te klop.
Foto: Anton Gericke Die vurige Arende-flank Janneman Stander duik ‘n Grens-speler dat die bal los spat. Die Arende het hul tweede oorwinning in die Supersport-uitdaagree­ks behaal deur die GrensBulld­ogs verlede Vrydagaand op Outeniquap­ark met 38-20 te klop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa