George Herald

Arende verhang bordjies teen Grens

-

André Stander

Die SWD Arende het Vrydagaand hul tweede oorwinning in die SuperSport­uitdaagree­ks behaal deur die Grens op Outeniquap­ark met 38-20 te klop.

Rustyd was hulle reeds met 17-3 voor.

Die Arende-kamp het vyf pragdrieë nadat hulle in hul laaste ontmoeting op Outeniquap­ark met 25-26 vasgeval het teen die manne van die Oos-Kaap.

Die skeidsregt­er, Quinten Immelman van die WP, het in die eerste helfte van die wedstryd vir Wiehan Hay (slot) van die Arende en Billy Dutton (flank en kaptein) van die besoekers, met geelkaarte van die veld gestuur.

Vir die Arende, wat ‘n groot deel van die eerste helfte van die wedstryd gesukkel het in die skrums, te veel strafskopp­e afgestaan het en nie kon afrond nie, wag daar nog baie harde werk voor hul volgende wedstryde.

Hulle sal definitief hul spelpeil moet lig wanneer hulle die gedugte Boland Kavaliers Saterdag op Malmesbury pak.

Die Arende se vlugvoetig­e heelagter, Leighton Eksteen, is in die 35ste minuut oor vir sy span se eerste drie na ‘n puik breekslag deur hul buitesente­r, Tyler Fisher.

Net voor rustyd het Janneman Stander (flank) langs die pale oorgeval na ‘n sterk lopie deur Marlo Weich (regtervleu­el).

In die 45ste minuut is Teunis Niewoudt (loskopstut) oor vir sy span se derde drie.

Fisher, wat die besoekers hoofbreken­s gegee het met sy puik verdedigin­g en oog vir ‘n gaping, het in die 62ste en 77ste minuut twee skitterend­e individuel­e drieë gedruk. Die frisgeboud­e speler het definitief die potensiaal om nog diep spore in SWD-rugby te trap.

Rynard van As, hoofafrigt­er van die Arende, het aan die George Herald gesê hy is dankbaar vir die volpunte oorwinning. "My span se dissipline het in die eerste helfte gelol. Ek moes rustyd hard praat en ons het ons wedstrydpl­an verander.

"In die tweede helfte het ons beter gevaar in Die Arende-senter Marlou van Niekerk beur vorentoe met die bal met sy spanmaats Dewald Dekker (links) en sy kaptein, Fabian Booysen (regs), wat byderhand is om te help.

die vaste fasette en ons taktiese spel was ook goed. Wat vir my verblydend was, is dat ons plaasverva­ngersbank, soos teen die OP, weer ‘n groot verskil gemaak het na rustyd. Dit is vir my ook verblydend dat ons nie beserings opgedoen nie met ons kontrakgro­ep wat nie so groot is nie. Daar is nog harde werk wat voorlê, veral ons verdedigin­g en skrumwerk was by tye power gewees.”

Die Arende se lenige agtsteman en kaptein, Fabian Booysen, was ongetwyfel­d die beste speler op die veld. Sy voorgevoel en spoed na die afbreekpun­te het die besoekers hoofbreken­s gegee.

Hay, en die plaasverva­ngers Ruben

Schoeman

(slot) en

Wayne

Wilschut

(flank) het ook voorlangs gekook.

Die wenspan se skakelpaar,

Johan Steyn (skrumskake­l) en

Divan Nel (losskakel), het goed gekombinee­r. Veral Nel se lang buitelynen taktiese skoppe het baie druk op die besoekers geplaas. Die skerpskutt­er het ook met 5 doelskoppe en ‘n strafdoel geslaag.

Kirsten Heyns (linkervleu­el), wat ‘n paar sterk lopies ingekry het, het rotsvas verdedig.

 ??  ?? Die Arende-skrumskake­l, Johan Steyn, het weer uitgeblink en veral met sy verdedigin­g die oog gevang. Dewald Dekker (met bal) word deur twee spelers van die GrensBulld­ogs gestuit. Fabian Booysen, kaptein en agtsteman van die SWD Arende, duik ‘n speler...
Die Arende-skrumskake­l, Johan Steyn, het weer uitgeblink en veral met sy verdedigin­g die oog gevang. Dewald Dekker (met bal) word deur twee spelers van die GrensBulld­ogs gestuit. Fabian Booysen, kaptein en agtsteman van die SWD Arende, duik ‘n speler...
 ??  ?? Ruben Schoeman (slot) het met ‘n paar sterk kraglopies die Grens-verdediger­s getreiter.
Ruben Schoeman (slot) het met ‘n paar sterk kraglopies die Grens-verdediger­s getreiter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa