George Herald

Africa breek enkel teen Progress

-

André Stander

Die verdedigen­de kampioen in die SWD Premierlig­a-rugbykompe­tisie, Progress, het Saterdagmi­ddag sy buurman, Crusaders, in ‘n klipharde derby op die Rosemoorsp­ortterrein met 26-18 geklop.

Rustyd was die wenspan met 14-8 voor. Die wedstryd het in ‘n feestelike atmosfeer voor 4,000 toeskouers plaasgevin­d.

Dit was Progress se sesde oorwinning in die kompetisie die seisoen.

Crusaders het ‘n groot terugslag gekry toe hul flank, Freginald Africa, in die 10de minuut die veld met ‘n gebreekte enkel moes verlaat het.

Die oud-Arend, wat kliphard is en ‘n groot aantrekkin­gskrag by wedstryde is, is vir ses weke uit en sal definitief gemis word.

Cameron Mentoor (heelagter), Justin Levendal (slot) en Hendrik Kriek (loskopstut) het die wenspan se drieë gedruk. Fizel Fredericks (linkervleu­el) slaag met ‘n doelskop en 3 strafdoele.

Vir Crusaders het Dean Hopp (vaskopstut) en Curtley Scheepers (buitesente­r) drieë gedruk. Henry Wolhuter (heelagter) slaag met een doelskop en 2 strafdoele.

Silver Stars het vir Groot-Brakrivier in sy agterplaas met 29-19 geskok. Die manne van Rosemoor het aanskoulik­e hardloopru­gby gespeel en vier pragdrieë gedruk. Ashwin Scott, binnesente­r, Dillon Kerspuy (skrumskake­l), Heinch Leukes (agtsteman) en Jerovin Spandiel (slot) het vir die wenspan gaan druk. Neillin Scott (heelagter) slaag met drie doelskoppe en ‘n strafdoel.

Bridgton van Oudtshoorn het sy posisie verstewig op die punteleer toe hul onverwags die gedugte Evergreens op die Pacaltsdor­p-sportterre­in in ‘n naelbytstr­yd met 27-25 geklop het.

Brandwin Wanies (regtervleu­el) en

Ganfried May (buitesente­r) is albei oor vir twee drieë vir die wenspan. Anver Venter (heelagter) slaag met 2 doelskoppe en Keanin Esau (losskakel) klits ‘n strafdoel oor.

Vir Evergreens is David Claassen (slot), Llewellyn Treurnicht (flank) en Anvor Prins (loskopstut en kaptein) oor vir drieë. Leegan Moos (losskakel) klits 2 doelskoppe en 2 strafdoele oor.

Heidelberg het vir Maori’s op die Heidedalsp­ortterrein met 8-3 geklop. Rustyd was die wenspan met 5-0 voor gewees. Die wenspan skuif na vyf oorwinning­s op na die vierde posisie op die punteleer met 22 punte.

Jason Liebenberg

(losskakel) het vir Heidelberg gaan druk. Pieter van Rensburg Uys (heelagter) slaag met ‘n strafdoel. Vir Maori’s het Marshall Frans (buitesente­r) met ‘n strafdoel Crusaders het ‘n groot terugslag gekry toe hul flank, Freginald Africa met ‘n gebreekte enkel die veld moes verlaat.

geslaag.

Barbarians van Mosselbaai skuif op na die tweede posisie na hul oortuigend­e oorwinning van 43-28 oor Blanco op sy tuisveld.

Curshwon Mono (linkervleu­el, 2),

Justin Bhana (heelagter), Aden Jones (plaasverva­nger-flank) en Jerome Fillies (plaasverva­nger-vleuel) is oor vir drieë vir die wenspan. Bhana slaag ook met ‘n doelskop en Macdelin Saayman (losskakel) klits 2 doelskoppe, 2 strafdoele en 2 skepdoele oor.

Blanco se drieë is deur Logan Stoffels (heelagter), Hentzwell Pedro (regtervleu­el) en Alton Olivier (linkervleu­el) gedruk. Stoffels slaag ook met ‘n doelskop en twee strafdoele en Alain Jansen (plaasverva­nger-heelagter) klits ‘n doelskop en ‘n strafdoel oor.

Roshwin Abrahams (heelagter), Ashwill Frans (losskaklel) en Henlin Botha (plaasverva­nger-losskakel) is vir die tuisspan oor vir drieë. Abrahams slaag ook met 2 doelskoppe.

Progress vs Crusaders 5 Mei 2018

 ?? Foto’s: Anton Gericke ?? Cuan Belelie, losskakel van Crusaders, sool die bal kantlyn toe in Saterdag se derby tussen Progress en Crusaders. Progress het met 26-18 gewen. Curtley Scheepers, buitesente­r van Crusaders, klop sy teenstande­r met sy vaart.
Foto’s: Anton Gericke Cuan Belelie, losskakel van Crusaders, sool die bal kantlyn toe in Saterdag se derby tussen Progress en Crusaders. Progress het met 26-18 gewen. Curtley Scheepers, buitesente­r van Crusaders, klop sy teenstande­r met sy vaart.
 ??  ?? Hendrik Kriek (lospkopstu­t) storm met die bal op ‘n teenstande­r af.
Hendrik Kriek (lospkopstu­t) storm met die bal op ‘n teenstande­r af.
 ??  ?? Jayden Onkers (met bal), plaasverva­nger-buitesente­r van Crusaders, glip deur ‘n gaping.
Jayden Onkers (met bal), plaasverva­nger-buitesente­r van Crusaders, glip deur ‘n gaping.
 ??  ?? Die Crusaders-vaskopreus, Dean Hopp, gee die bal uit aan Ruben Loxon (plaasverva­ngerregter­vleuel).
Die Crusaders-vaskopreus, Dean Hopp, gee die bal uit aan Ruben Loxon (plaasverva­ngerregter­vleuel).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa