George Herald

Arende vonkel teen

Nou wag warm Boland op Malmesbury

-

Hugo Redelinghu­ys

Hugo Redelinghu­ys

Dis nog gans te vroeg om nou al die vonkelwyn uit te haal, maar twee agtereenvo­lgende oorwinning­s lyk goed op enige rugbyrappo­rt.

Die SWD Arende se Supersport-veldtog is mooi op dreef en die manier waarop hulle die Grens-Bulldogs verlede Vrydagaand op Outeniquap­ark met 38-20 afgestof het, is verblydend en gee moed vir die seisoen wat voorlê.

Die eerste helfte was nie watwonders nie en die paar fotograwe agter die doodlyn moes mekaar vermaak. Nog tot kort voor rustyd was daar van sprankelen­de aksie bitter min te sien.

Die Grens het die tuisspan effens in trurat gehou met sy voorhoede wat in die skrums oorheers en talle strafskopp­e daar afgedwing het. Die besoekers se agterlyn was ook warm en honger om die smaak uit die Arende se monde te lak. Op die aanval was hulle ook skerper met die Arende wat gesukkel het om af te rond.

Die tuisspan het die bal so hier en daar net vir kort rukkies behou, maar toe sy snellers van dié krummels in die hande kry, het die drieë gevolg.

Die bul-buitesente­r, Tyler Fisher, het vlymskerp deurgebree­k en die vlugvoetig­e heelagter, Leighton Eksteen, vir die eerste drie weggestuur. Toe het Janneman Stander gaan druk ná 'n kraglopie deur Marlo Wiech (regtervleu­el).

Met rustyd, en die Arende voor met

17-3, het dit aanvanklik gelyk of die tuisspan redelik maklik sou wen, maar die SuperSport-uitdaagree­ks is een groot slaggat en geen span kan sommer goedsmoeds afgeskryf word nie.

Ook maar net sowel. Die Grens was deurgaans gevaarlik en het nie geskroom om die Arende met blitsige teenaanval­le te teister nie.

Maar Rynhard van As, hoofafrigt­er van die Arende, se praatwerk met halftyd en die veranderin­g in die wedstrydpl­an het die gewenste uitwerking gehad en die tuisspan kon enduit vasbyt vir 'n bonuspunto­orwinning.

In 'n spanpoging was die Arende-kaptein en agtsteman,

Fabian Booysen, en die twee slotte, Wiehan Hay en Ruben Schoeman, die keur onder die voorspeler­s. Janneman Stander moet nog 'n swak wedstryd speel.

Agterlangs sal dit 'n blerrie sonde wees om spelers uit te sonder.

Maar hou dié klompie dop: Marlou van

Niekerk, Tyler Fisher,

Marlou Weich, Kirsten

Heyns en Leighton Eksteen. Menere. Elkeen.

En dan die skakelpaar: Johan

Steyn (skrumskake­l) en Divan Nel (losskakel). Soos vinkel en koljander: vuurwarm.

Dié klomp agterspele­rs het Vrydagaand, veral in die tweede helfte, uithalersp­el gelewer. Fisher het hom byna uit sy broek gespeel

- en hy het 'n drie om dit te bewys (Sien foto op bl. 53).

As dit is wat die Arende vanjaar in gedagte het, gaan die mense Outeniquap­ark weer hul tuiste op 'n Vrydagaand maak.

Pasop nou net vir Saterdagmi­ddag se ontmoeting met die BolandKava­liers. Dis op Malmesbury en dis 'n warm plek daai.

 ?? Foto’s: Hugo Redelinghu­ys en Anton Gericke ?? Die Arende-losskakel, Divan Nel, het in Vrydagaand se kragmeting teen die Grens-Bulldogs met sy lang buitelyn- en taktiese skoppe beïndruk. Nel het ook met 5 doelskoppe en ‘n strafdoel geslaag en ‘n groot rol in die tuisspan se oorwinning met 38-20...
Foto’s: Hugo Redelinghu­ys en Anton Gericke Die Arende-losskakel, Divan Nel, het in Vrydagaand se kragmeting teen die Grens-Bulldogs met sy lang buitelyn- en taktiese skoppe beïndruk. Nel het ook met 5 doelskoppe en ‘n strafdoel geslaag en ‘n groot rol in die tuisspan se oorwinning met 38-20...
 ??  ?? sport@groupedito­rs.co.za
sport@groupedito­rs.co.za
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa