T­rio weer in hof vir sa­ke­man se aan­ran­ding

George Herald - - News -

K­ris­ty Kol­berg

'n Streek­hof­da­tum word van­dag vir die Kent-t­rio van Mos­sel­baai in die Ge­or­ge­land­dros­hof vas­ge­stel.

I­van Kent (30), sy pa, Li­o­nel (55), en sy broer Di­van (27), word daar­van aan­ge­kla dat hul­le in Ja­nu­a­rie 'n sa­ke­man van Oudts­hoorn, Jan­nie Ven­ter (45), by sy in­ge­ni­eurs­fir­ma, Du Rand En­gi­neer­ing, in die Ge­or­ge-ny­wer­heids­ge­bied aan­ge­rand het. I­van het by Ven­ter ge­werk.

I­van is la­ter die­self­de dag, ná 'n jaag­tog met die po­li­sie op die N2 tus­sen Ge­or­ge en Mos­sel­baai, vas­ge­trek.

Sy pa en broer is ook kort na die voor­val in heg­te­nis ge­neem.

Aan­klag­te teen hul­le is on­der an­de­re po­ging tot moord, aan­ran­ding met die doel om erns­tig te be­seer, roof met ver­swa­ren­de om­stan­dig­he­de en mo­tor­dief­stal.

Ty­dens sy for­me­le borg­to­gaan­soek het dit aan die lig ge­kom dat I­van 'n de­pres­sie­ly­er is en daag­liks me­di­ka­sie moet neem. Vol­gens hom het Ven­ter hom ook vir drie maan­de nie be­taal nie. Hy het aan die hof ge­sê hy be­sef dat wat hy ge­doen het ver­keerd was, maar hy was pa­niek­be­van­ge en nie hom­self daar­die dag nie.

* The Kent T­rio from Mos­sel Bay will ap­pear in the Ge­or­ge Ma­gi­stra­te's Court to­day, w­he­re a re­gi­o­nal court da­te will be set. I­van Kent (30), his fat­her, Li­o­nel (55) and youn­ger brot­her Di­van (27) stand accu­sed of as­saul­ting Oudts­hoorn bu­si­nes­sman Jan­nie Ven­ter (45) at his en­gi­neer­ing firm, Du Rand En­gi­neer­ing, in Ja­nu­a­ry. I­van was one of Ven­ter's em­ploy­ees.

Mem­bers of the Eden clus­ter po­li­ce cri­me com­ba­ting te­am. Front, from left: Con­sta­bles Ja­c­ques van Zyl, Mad­win Mat­thews and War­ren P­re­to­ri­us. Back: Con­sta­bles Jo­na­than A­dams and T­ha­bo Man­do­yi, the sus­pect and Ser­ge­ant Se­bas­ti­an da Sil­va.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.