Mis­han­del­de vroue be­derf met om­gee­pak­kie

George Herald - - News -

Die P­ham­bi­li-te­huis vir mis­han­del­de vroue en hul kin­ders in Ro­se­moor kan net be­skryf word as ’n plek waar hul­le ‘n god­de­li­ke diens le­wer en so ook die Ge­or­ge Li­ons­klub.

Pie­ter Nel van die Ge­or­ge Li­ons­klub sê hul­le le­wer ‘n diens waar dit no­dig is, en hier het hul­le ‘n groot nood ge­sien. Nel sê hul­le het eers met Ma­ry­da S­qui­re, die be­stuur­der, ge­sels oor wat no­dig is en toe be­sluit op ‘n hand­sak­pro­jek. “Ons het ge­vra dat hand­sak­ke ge­skenk word, en ons het dan die om­gee­pak­kie in el­ke sak ge­sit.”

Hy sê dit was eg­ter net een ge­deel­te van die be­soek Dins­dag aan die sen­trum, hul­le het ook al die rook­a­larms ver­vang. Hy is on­der­steun deur Chris­to T­heron van die Eden Li­ons­klub. Nel en T­heron is ook al­bei be­trok­ke by die Li­ons A­lert-pro­gram.

As deel van die pro­gram help hul­le in om­stan­dig­he­de waar ‘n si­tu­a­sie as ‘n ramp ver­klaar is. Hy sê hul­le le­de is al­tyd vry­ge­wig met hul tyd, be­reid en be­skik­baar om ‘n hand by te sit waar no­dig.

“Ons hou van ‘n per­soon­li­ke ge­sig tot ge­sig diens, eer­der as wat ons net geld gee. Dis mak­lik om geld te gee, maar ons sal lie­wer ons tyd gee en deel van die pro­jek wees.”

S­qui­re sê Nel loer ge­reeld in, en die keer het sy hom mee­ge­deel dat hul­le toi­let­wa­re no­dig het. Sy sê daar is op die oom­blik 13 vroue en 13 kin­ders. “Ons kan so­wat 25 vroue in­neem, maar om­dat baie met hul kin­ders kom, wil ons nie graag e­nig­ie­mand weg­wys nie.”

Sy sê toi­let­wa­re mag na ‘n al­le­daag­se ge­rief klink, tot jy dit nie het nie, en dan is dit ‘n pro­bleem. Vol­gens S­qui­re is hul­le dank­baar vir e­ni­ge sken­kings wat hul­le kry, en nou met die win­ter wat voor­lê het hul­le ver­al on­der­kle­re en kou­se no­dig vir bei­de die mam­mas en die kin­ders.

Vir e­ni­ge in­lig­ting of do­na­sies aan P­ham­bi­li, kon­tak die kan­toor by 079 014 4657. Hul­le le­de is al­tyd vry­ge­wig met hul tyd, be­reid en be­skik­baar om ‘n hand by te sit waar no­dig.

Fo­to’s: Br­ü­mil­da Swart­booi

Hier is Bev W­rig­ht, Lin­da An­der­son, Ri­ka Fi­fe, Han­lie Bar­nard en Pie­ter Nel van die Ge­or­ge Li­ons­klub saam met Ma­ry­da S­qui­re van die P­ham­bi­li-te­huis vir mis­han­del­de vroue en hul kin­ders. Hier is net ‘n paar van die hand­sak­ke wat ge­skenk is. INLAS:...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.