S­chalk op kuns­te­te­a­ter se plan­ke

George Herald - - Arts & Entertainment -

S­chalk Be­zui­den­hout, die krul­kop­ko­me­di­ant met sy ken­mer­ken­de trui­tjies en skerp tong, is mô­re, Vry­dag 18 Mei in die Ge­or­ge-kuns­te­te­a­ter op die ver­hoog.

Dit is sy eer­ste op­tre­de in Ge­or­ge en bring sy A­fri­kaan­se een­man­ver­to­ning, Voks­be­sit hier­heen.

Se­dert hier­die boor­ling van Kemp­ton Park in 2015 (en weer 2017) in T­re­vor No­ah se voor­pro­gram op­ge­tree het en 'n so­lo­ver­to­ning op Co­me­dy Cen­tral uit­ge­saai is, het hy vin­nig 'n huis­hou­de­li­ke naam ge­raak. Hy het ook reeds twee Co­mi­cs Choi­ce-toe­ken­nings en ’n ge­sog­te Saf­ta in­ge­palm.

Be­zui­den­hout is dees­dae 'n be­ken­de ge­sig op te­le­vi­sie, ver­al in die rol van die Dan­ny in die kykNET-reeks Ho­tel en as an­ker van die sa­ti­rie­se nuus­pro­gram Die Wa­re Naar­heid met S­chalk Be­zui­den­hout, ook op kykNET.

Be­zui­den­hout het reeds land­wyd met Voks­be­sit ge­toer en ver­le­de jaar by die Woord­fees, KKNK, Vry­staat Kuns­te­fees, In­ni­bos en Aard­klop vir dui­sen­de fees­gan­gers met hier­die ver­to­ning laat ska­ter­lag. Hy het ook in Ok­to­ber ver­le­de jaar ’n

DVD van Voks­be­sit op­ge­neem by E­vi­ta se Per­ron in Dar­ling. Te­a­ter­gan­gers kan uit­sien na Be­zui­den­hout op sy bes­te, met vlym­skerp waar­ne­mings en so­si­a­le kom­men­taar oor die le­we en die land waar­in ons leef. Voks­be­sit sal baie re­ak­sies by jou uit­lok, waar­van lag som­mer lag-lag die groot­ste is.

Ou­ders­doms­be­per­king: Geen o.14. Kaar­tjies: R100 per per­soon by Com­pu­tic­ket. Die ver­to­ning be­gin om 20:00.

S­chalk Be­zui­den­hout

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.