Bo­land be­derf A­ren­de se wen­rit

George Herald - - Sport -

Fo­cus on the clash be­t­ween York High and Wood­rid­ge

Hugo Re­de­ling­huys

Dalk het rug­by­on­der­steu­ners in die Suid-Kaap te gou bly ge­raak oor die SWD A­ren­de se be­lo­wen­de af­skop tot die sei­soen. Ná twee ag­ter­een­vol­gen­de oor­win­nings was die vreug­de­vu­re dalk ef­fe voor­ty­dig, maar nie on­ver­wags nie.

Dié vreug­de­vu­re is nou vin­ni­ger ge­blus as wat dit aan­ge­steek is. Die Bo­land-Ka­va­liers het mos die na­re ge­woon­te om 'n par­ty­tjie te be­derf.

Dit het hul­le ver­le­de Sa­ter­dag op Mal­mes­bu­ry be­wys toe hul­le die A­ren­de in die Su­perS­port-reeks met 37-12 in hul spo­re ge­stuit het. Praat van 'n warm ont­vangs op dié ko­ken­de Bo­land­se dorp.

Die wen­span se tel­ling kon baie ho­ër ge­wees het, maar sy skop­pers het tal­le skop­pe na die pa­le ver­brou.

Die Bo­land het ses drieë in­ge­ryg teen­oor die twee van die A­ren­de.

Met dié oor­win­ning het die Bo­lan­ders nou op­ge­skuif na die twee­de plek op die pun­te­lys met die A­ren­de in die der­de plek. Die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie gee steeds die pas aan.

En dis die ein­ste WP wat nou op die A­ren­de wag. Dié twee span­ne pak me­kaar Son­dag om 15:00 op Oudts­hoorn in die Su­perS­port-uit­daag­reeks.

Die A­ren­de sal oor­ge­haal wees om te ver­goed vir die bloed­neus wat die Bo­land hom ge­gee het, maar of hy oor ge­noeg skiet­goed in sy ar­se­naal be­skik om die WP te kel­der, staan te be­sien. Dit sal een hel­se po­ging verg om die S­treep­truie, selfs hier op eie bo­dem, te troef.

Die A­ren­de sal op­draf met die we­te dat nog 'n ne­der­laag sy kan­se erg sal knou om in van­jaar se Su­perS­port-reeks hond haar­af te maak.

Die rug­by skop Son­dag­og­gend reeds af om 10:30 wan­neer Oudts­hoorn teen Wil­ling He­arts van Prins Al­bert te staan kom. Om 13:00 kom die Vo­da­com Blue Bulls teen die Xe­rox Gol­den Li­ons te staan en in die hoof­wed­stryd om 15:00 pak die A­ren­de die DHL S­tor­mers. Ver­skeie S­pring­bok­spe­lers sal in ak­sie wees.

Die hek­ke van die B­ridg­ton-sta­di­on word reeds vroeg­og­gend oop­ge­sluit en toe­gang is gra­tis - al­les deel van die Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie (SARU) se plan­ne om rug­by na die ge­meen­skap­pe te neem. Dis raad­saam om vroeg reeds op te daag om goeie plek­ke op die hoof­pa­wil­joen te ver­se­ker. Die Bo­land het ses drieë in­ge­ryg teen­oor die twee van die A­ren­de. Die A­ren­de-sen­ter Mar­lou van Nie­kerk (links) kan saam met sy sen­ter­maat, Ty­ler Fis­her (regs), in Son­dag se Su­pers­port-uit­daag­reeks op Oudts­hoorn ‘n an­ker­rol in die ag­ter­lyn teen die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie speel. Al­bei spe­lers is sterk op hul voe­te en be­skik oor spoed en krag.

Re­de­ling­huys

Fo­to’s: Hugo

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.