George Herald

Die gay-kwessie en die madam

-

Michelle Pienaar

Dit mag dalk skoolvakan­sie wees, maar die politiek is verseker aan't woel. Bolangs lyk die blou DA-see kalm, maar hoë deinings word verwag.

'n Mosie van wantroue teen Georgeburg­emeester, Melvin Naik, is reeds ingedien by die DA se federale uitvoerend­e komitee (Fedex), maar volgens die kantoor van die Fedex-voorsitter, James Selfe, is dit nog nie deur die komitee bespreek nie. Dus wag die plaaslike DA-koukus in spanning om te hoor wat hulle volgende stap moet wees. Die gewone raadsverga­dering wat Dinsdag sou plaasvind. Intussen vlieg die DA se federale regskommis­sie (FLC) deesdae so gereeld na George, hulle kan dit oorweeg om aansoek te doen vir frequent flyer voordele. Met die FLC se besoek verlede week, vir Naik se verhoor, het dit aan die lig gekom dat Naik dieselfde regsvertee­nwoordiger het as dié van die drie wat teen hom getuig. Die verhoor is eindelik uitgestel na vandeeswee­k. Nou is daar weer sprake dat Naik gaan hulp soek het by Patricia de Lille se regspan. Twee dae is vir Naik opsygesit om onder meer te gesels oor sy berugte homofobies­e uitsprake, na sy uitlatings op die vooraand van 'n besoek van 'n Amerikaans­e gay manskoor. Die menseregte­kommissie is ook omgekrap oor die anti-gay uitlatings en het hom dringend versoek om hul Kaapse kantoor vandeeswee­k te besoek.

Alhoewel die federale uitvoerend­e komitee geen takkie wil kraak oor die ander klagtes teen Naik nie, word daar algemeen aanvaar dat Naik se geheime vergaderin­g met sekere DAlede en sy beweerde poging om die raad omver te werp ook op die geselslysi­e is.

Die menseregte­kommissie is egter nie die enigste ouens wat Naik na Kaapstad genooi het nie. In teorie kon hy 'n besoek aan die kommissie kombineer met 'n geleenthei­d by die Groentemar­kplein waarheen die burgemeest­ers van sewe munisipali­teite genooi is. Wes-Kaapse minister van kultuur en sport, Anroux Marais, het Dinsdagogg­end dié geleenthei­d waargeneem, waartydens sewe munisipali­teite met finansieri­ng gehelp is. Dit het glo maar gesukkel om Naik in die hande te kry vir 'n tjekoorhan­diging van R228 000 vir sportfasil­iteite in George.

Naik is egter nie die enigste DA-raadslid wat voor die FLC verskyn nie. 'n Kleurvolle, lankdienen­de raadslid wat deur haar gesante aangespree­k word as "madam", word óók blykbaar verhoor. Almal gis nou of dit verband hou met 'n klankopnam­e wat die rondtes doen, waarin sy bevele gee oor hoe daar vir poste aansoek gedoen moet word: "Vyf van julle doen aansoek vir die peer educator, en ses vir die general assistant. Verstaan julle my? ... As jy aansoek doen vir 'n ander pos dan krap ek jou ... Nou kom ons by Babes. Net Babes doen aansoek vir die pos. Net Babes. Nie een van julle anderste doen aansoek vir die pos nie. Verstaan ons mekaar? Huh?". "Yes, Madam."

Madam het by navraag gesê sy het nog geen uitnodigin­g van die FLC ontvang vir ‘n verhoor nie, en dat haar optrede in lyn is met munisipale regulasies.

 ??  ?? George Mayor Melvin Naik (left) and Municipal Manager Trevor Botha at an earlier council meeting.
George Mayor Melvin Naik (left) and Municipal Manager Trevor Botha at an earlier council meeting.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa