George Herald

Remme en ‘n harde slag voor man sterf

-

Kristy Kolberg

Die geliefde Cedrick Robertson (41) van Blanco is Sondagaand skielik van sy familie en die gemeenskap weggeruk na ‘n motorongel­uk in Yorkstraat.

Robertson, sy vrou, Edwiena (37), en haar niggie, Zinandi Lamont, was omstreeks 20:30 in sy VW Polo vanaf Blanco onderweg na die middedorp via Plattner-boulevard toe die ongeluk plaasgevin­d het.

‘n Audi, wat vanuit die teenoorges­telde rigting gekom het, het voor die Mahindramo­torhandela­ar in Yorkstraat na bewering ‘n U-draai gemaak. Robertson kon nie betyds stop nie en het die Audi aan die sykant getref.

“Al wat ek gehoor het was die remme wat skree en die slag toe ons die ander kar tref. Ek het nie geweet wat aangaan nie. Toe ek bykom was ek tussen die twee voorste sitplekke en Cedrick was reeds oorlede,” het Lamont aan die George Herald gesê.

Robertson is op die toneel dood verklaar. Sy vrou is met ernstige beserings per ambulans na die George-hospitaal geneem. Lamont het slegs ligte beserings opgedoen.

Volgens Edwiena se tannie, Jenny Mattys, was Cedrick ‘n geliefde man in die gemeenskap. “Hy was vol liefde vir sy medemens en het altyd probeer help waar hy kon. Dit het so skielik gebeur en ons almal is nog in skok. Ons gaan hom vreeslik mis,” sê sy.

Begrafnisr­eëlings kon nie bevestig word nie, maar die begrafnis sal in alle waarskynli­kheid eers volgende naweek plaasvind.

Teen druktyd was Edwiena steeds in die hospitaal se hoësorgeen­heid.

‘n Saak van strafbare manslag word ondersoek.

 ??  ?? Cedrick Robertson is Sondagaand in ‘n motorongel­uk in Yorkstraat oorlede. Photo: Kristy Kolberg
Cedrick Robertson is Sondagaand in ‘n motorongel­uk in Yorkstraat oorlede. Photo: Kristy Kolberg
 ??  ?? See a video at www.georgehera­ld.com Botha simulates how the robbers took an armful of jackets in one go.
See a video at www.georgehera­ld.com Botha simulates how the robbers took an armful of jackets in one go.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa