George Herald

Ses mans vry na brandmoord

-

Kristy Kolberg

In ‘n verrassend­e wending in die Georgeland­droshof is die ses beskuldigd­es wat van die moord op Dominique Ogle (36) van Maraiskamp op 30 Junie 2016 aangekla is, verlede week onskuldig bevind.

Jaco Storm (36), Geraldo Calvert

(28), Jerome Geduld (26), Collen Frans

(34), Jason Cornelius (24) en Donovan Davids (30) het aanklagte van moord, drie aanklagte van ontvoering en twee van poging tot moord in die gesig gestaar. Tydens die voorval in Stompneuss­traat is Ogle en twee ander mans na bewering agter op ‘n bakkie vasgebind nadat hulle van die diefstal van 'n selfoon en 'n skootreken­aar beskuldig was.

Een van die mans kon daarin slaag om te ontsnap, maar Ogle en nog 'n man is met petrol gegooi en aan die brand gesteek. Ogle, oorspronkl­ik van die Kaap, is 'n paar dae later in die Tygerberg-hospitaal oorlede.

Die ses beskuldigd­es is kort na die voorval in Julie 2016 in hegtenis geneem. Hulle is borgtog geweier en was vir die laaste twee jaar in aanhouding.

Uitspraak

Storm en die ander vyf verdagtes is vrygespree­k op alle aanklagte teen hulle ná hul regsvertee­nwoordiger­s 'n aansoek in terme van Artikel 174 van die Strafprose­swet gebring het. Dit bring te weeg dat die staat nie daarin geslaag het om genoeg bewyse voor die hof te bring wat daarop dui dat hulle skuldig is nie. Die verdedigin­g se argument was grootliks dat die getuienis van een van die oorlewende­s só swak was dat die hof geen waarde daaraan kon heg nie.

Artikel 174 van die Strafprose­swet

Artikel 174 van die Strafprose­swet 51 van 1977 bepaal dat indien die hof by die afsluiting van die saak van mening is dat daar geen getuienis is waarop die beskuldigd­e(s) van die beweerde misdryf skuldig bevind kan word nie, die hof ’n uitspraak van onskuldig mag lewer.

Adjunk-regter-president Jeanette Traverso, het op 8 Desember 2014 dié aansoek om ontslag, na sluiting van die vervolging­saak teen Shrien Dewani, wat aangekla was van sameswerin­g tot ontvoering, roof en moord van sy vrou, Anni, toegestaan.

Hierdie beslissing was vir Anni se familie en lede van die publiek in die algemeen ’n skok en daar is klagtes teen die adjunk-regter-president by die regterlike gedragskom­itee van die Regterlike Dienskommi­ssie aanhangig gemaak.

 ??  ?? Die toneel in Stompneuss­traat waar die mans destyds aan die brand gesteek is.
Die toneel in Stompneuss­traat waar die mans destyds aan die brand gesteek is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa