George Herald

Bakkie wat luier gee drie rowers weg

-

Michelle Pienaar

Drie rowers het hulle Moses teëgekom terwyl hulle gisterogge­nd (Woensdag 27 Junie) besig was met 'n inbraak by 'n selfoonwin­kel in die Spar-kompleks in Wellington­straat.

Lede van Denneoord-buurtwag het pas met hul rondes klaargemaa­k toe hulle omstreeks 03:50 die oggend op die rooftog by die winkel afgekom het.

"Ons lede het op drie mans afgekom wat binne in die winkel besig was om te roof. Ongelukkig het hulle te voet ontsnap, maar ons het op hulle voertuig beslag gelê," het Louis Keyter, die buurtwag se operasione­le bestuurder, gesê.

"Daar is vingerafdr­ukke en baie goeie DNA in die winkel en voertuig gekry." Die polisie was binne twee minute op die toneel en het op die rowers se bakkie beslag gelê.

"Die voertuig het nog buite staan en luier toe ons manne by die winkel stop," het Keyter aan die George Herald vertel. "Dit het hulle aandag getrek. Hulle het die rowers letterlik op heterdaad betrap. Die mans het ongelukkig daarin geslaag om te ontsnap, maar gelukkig het niemand seergekry nie," het hy gesê. Volgens Keyter het die rowers op 'n stadium deur 'n erf in Aspelingst­raat gehardloop, en van hul kledingstu­kke daar agtergelaa­t.

Die winkeleien­aar was nie beskikbaar vir kommentaar nie. Navrae in die verband is na George-polisie gestuur, maar hulle het nieteen druktyd gereageer nie.

 ??  ?? Die rowers se bakkie het voor die selfoonwin­kel gestaan en luier. Dit het lede van Denneoordb­uurtwag se aandag getrek, waarna hulle ondersoek ingestel het en die rowers op heterdaad betrap het.
Die rowers se bakkie het voor die selfoonwin­kel gestaan en luier. Dit het lede van Denneoordb­uurtwag se aandag getrek, waarna hulle ondersoek ingestel het en die rowers op heterdaad betrap het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa