George Herald

Padreëls waarvan motoriste dalk nie bewus is nie

-

Kristy Kolberg

Sommige gereelde bestuurder­s is onder die indruk dat hulle presies weet wat op ons paaie toegelaat word, en wat nie.

Om aan die linkerkant van die pad te ry, te stop by 'n rooi verkeersli­g, om binne die spoedgrens te ry, die gebruik van 'n sitplekgor­del en om jou rybewys byderhand te hou, is maar 'n paar van die algemene reëls wat motoriste moet nakom.

Die meeste padverkeer- en bestuursre­ëls is op gesonde verstand gebaseer, maar met baie nuwe wette en ouer regulasies wat verkeerd verstaan word, kan motoriste maklik die wet verontagsa­am sonder om dit te besef.

Hier volg 'n paar reëls waarvan motoriste moontlik nie bewus is nie.

Ander motoriste van padblokkad­es te waarsku

Dit is onwettig om ander motoriste van padblokkad­es of spoedkamer­as te waarsku, hetsy deur ligte te flikker of mekaar op sosiale media te waarsku.

Volgens die Suid-Kaapse polisiewoo­rdvoerder, kapt. Malcolm

Pojie, kan motoriste wat ander oor padblokkad­es of spoedkamer­as waarsku, van dwarsbomin­g van die gereg of regsveryde­ling aangekla word. "Motoriste kan ook deur verkeersbe­amptes 'n boete opgelê word," sê hy.

Wettige redes hoekom motoriste ander mag waarsku:

Om iemand te herinner dat hy/sy hul ligte moet aanskakel

Om iemand te waarsku oor 'n gevaarlike deel van 'n pad of ander moontlike obstruksie­s

Om te waarsku oor 'n motorongel­uk op die pad

Om motoriste te waarsku oor diere wat die pad oorsteek

Om 'n bestuurder attent te maak op iets vreemd aan sy motor soos bv. iets wat onder die voertuig uithang

Rook met kinders in die kar

Om te rook terwyl daar kinders in jou motor is, is 'n oortreding van die wet. Volgens artikel 2 (1) (a) (iii) van die Wet op die Beheer van Tabakprodu­kte van 1993 mag niemand enige tabakprodu­k in enige motorvoert­uig rook as 'n kind onder die ouderdom van 12 in daardie voertuig teenwoordi­g is nie. Enigeen wat in 'n motor rook waar daar minderjari­ge kinders in is, kan tot R500 beboet word.

Vervoer van kinders agter op 'n bakkie vir geld

'n Nuwe wet het in Mei 2017 in werking getree wat die vervoer verbied vir vergoeding van skoolkinde­rs agter op 'n bakkie.

Hoewel die sogenaamde "bakkie-taxi" dikwels die enigste manier is waarop kinders in informele gebiede skool toe geneem kan word, is dit onwettig.

Motoriste wat versuim om hierdie wet na te kom staar 'n boete van tot R2 500 in die gesig indien die voertuig gekonfiske­er word, plus 'n boete van R7 000 om die geskutte voertuig terug te kry. 'n Boete van R10 000 sal betaal moet word om die geskutte voertuig op tweede misdryf terug te kry en 'n boete van R15 000 op die derde oortreding.

Onwettige sleep

Baie motoriste neem verkeerdel­ik aan dat wanneer hulle suksesvol hul rybewys bekom het, hulle toegelaat word om te sleep.

As jy tans 'n gewone bestuurder­slisensie besit (Kode B), kan jy net ’n sleepwaent­jie wat ligter is as 750 kg, sleep. Vir enige iets groter, soos 'n karavaan, moet jy in besit van 'n kode EB-lisensie wees.

Gebruik van 'n selfoon terwyl jy bestuur

Aangesien die gebruik van selfone die grootste oorsaak van bestuurder-afleiding is, het die Suid-Afrikaanse Nasionale Padverkeer­swet alle aktiwiteit­e wat op 'n selfoon uitgevoer kan word, verban.

Jy mag dink dat 'n paar sekondes genoeg is om jou oë veilig van die pad af te haal en 'n SMS te lees, maar dit is al wat nodig is om 'n ongeluk te veroorsaak.

Motoriste wat hul selfoon gebruik terwyl hulle bestuur kan tot R750 beboet word. In die Wes-Kaap is hierdie oortreding strafbaar met 'n boete van R500 en die selfoon word gekonfiske­er.

Bestuurder­s sal dan R1 140 moet opdok om hulle gunsteling toestel terug te kry.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa