George Herald

Nuwe baadjie vir ongevalle

-

Salette Cloete

Die George-hospitaal is tans besig met opgraderin­g en herstelwer­k wat tot ses maande kan duur, sê dr. Nellis van Zyl Smith, die hoof van die ongevalle-eenheid. Van

Zyl Smith sê die opgraderin­g gaan meestal die ongevalle-eenheid raak. “Die ambulans aflaai-sone is op die oomblik toe, want dit is waar hulle begin het. Dit is geskuif na ‘n ander ingang. Ons sal ook binnekort ons wagarea toemaak en skuif na die dagteater wat baie kleiner is.”

Hy sê die herstelwer­k gaan hul diens asook die wagtye beïnvloed en ekstra druk op die personeel sal plaas. Daarom vra die hospitaal dat slegs mense met ernstige noodgevall­e soos steek- en skietwonde, hartaanval­le, ernstige kopbeserin­gs, ensovoorts vir die volgende paar maande die ongevalle-eenheid moet besoek. Daar word gevra dat mense met minder ernstige beserings, wonde of pyn soos oorsteek, allergie of maagpyn asook mense met langtermyn probleme soos rugpyn, eerder ‘n kliniek besoek.

Dit word gedoen, sê Van Zyl Smith, juis omdat hulle nie wil hê mense moet die hele dag kom sit en wag vir diens nie, wat kan gebeur. “Onder normale omstandigh­ede is wagtye baie korter, maar omdat ons onder druk gaan wees, kan wagtye vir minder ernstige beserings en siektes tot 10 ure wees.” Hy sê ook mense moet nie kroniese medikasie by die hospitaal kom haal nie, dis waarvoor die kliniek daar is. “Ongevalle het slegs medikasie vir noodgevall­e en slegs vir ‘n 24-uur periode.”

Gedurende hierdie tyd sal die hospitaal ook streng gebruik maak van die ongevalle kleursiste­em (triage) - groen vir minder ernstige siektes, geel vir nie-lewensgeva­arlike beserings of siektes, bruin vir mense met ernstige, maar nie-lewensgeva­arlike beserings of siektes sal dringend gesien word en rooi vir lewensgeva­arlike siektes waar mense onmiddelli­k gesien sal word.

 ??  ?? ‘n Werker besig om aan die binnekant van die hospitaal te werk. Dr. Nellis van Zyl Smith voor die ongevallee­enheid se ingang 2 wat vir eers gesluit is. Van Zyl Smith sê werk aan die ongevalle-eenheid gaan diens en wagtye beïnvloed.
‘n Werker besig om aan die binnekant van die hospitaal te werk. Dr. Nellis van Zyl Smith voor die ongevallee­enheid se ingang 2 wat vir eers gesluit is. Van Zyl Smith sê werk aan die ongevalle-eenheid gaan diens en wagtye beïnvloed.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa