George Herald

Georgiet wen internasio­nale toekenning

-

Salette Cloete

Deesdae moet onderwyser­s, of hul in 'n klaskamer staan of vir die departemen­t werk, ’n passie hê vir wat hy of sy doen. In die geval van Roger Jacobs, hoof van gespesiali­seerde leerder en opvoeder ondersteun­ing vir die

Eden en Sentrale Karoo Onderwysdi­strik, loop die passie oor.

Hy, tesame met sy span, doen alles in hul vermoë om leerders met leerhinder­nisse te help. Dit is hoekom hy vanjaar deur die afdeling van internasio­nale spesiale onderwys en dienste (Dises) vir die 2018 internasio­nale toekenning vir spesiale onderwys benoem is.

Jacobs het vroeër die week die e-pos gekry dat hy die internasio­nale uitstaande leierskapt­oekenning gewen het. Die toekenning gaan volgende week gedurende 'n konferensi­e in Kaapstad aan Jacobs oorhandig word.

Die toekenning sê Jacobs, word toegeken aan leiers in onderwys wat inisiatief neem en innoverend dink. "Ek is verbaas, maar ook lekker verras deur die toekenning. Ek het nie geweet ek is benoem nie. Ek weet daar is gevra ek moet my CV regkry en stuur, maar dit is regtig 'n groot verrassing."

Hy sê in George probeer hulle, al is dit om klein stappe te neem, ouers, leerders en onderwyser­s help deur dinge soos 'n WhatsApp-groep, deur rekenaarle­er, Skype om leerders wat ver is te help, ensovoorts.

Vir hom bewys die toekenning dat hy en sy span hul werk doen, en dat dit raakgesien en waardeer word.

 ??  ??
 ??  ?? Roger Jacobs is verras deur ‘n internasio­nale toekenning wat hy ontvang het.
Roger Jacobs is verras deur ‘n internasio­nale toekenning wat hy ontvang het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa