George Herald

Vuur toerisme aan!

- Prof. Francois Hanekom

Toerisme bied nie net die goeie, genotvolle, pragtige, positiewe (ensovoorts) van die natuurlike en mensgemaak­te omgewing aan nie. Die klem val ook op die aaklige, negatiewe, onverwagse, rampvolle, verskrikli­ke en so meer.

Een bekende voorbeeld van laasgenoem­de groep is Berg Vesuvius in Suid-Italië. Die vulkaan het in 79 n.C. reusagtig uitgebars. Pompeii, saam met ander stede, is diep onder lawa begrawe. ‘n Hele bevolking is uitgewis, waarvoor ‘n getal nooit bereken is nie - dit was ander tye.

‘n Duisend jaar was die kokende keël onaktief, om weer verwoestin­g te saai in 1631, 1794, 1906 en vier geringes in die twintigste eeu. Nogtans woon en werk drie miljoen mense steeds in die vrugbare omgewing. Hulle maak staat op akkurate seismiese kennis en voorspelli­ng. Waarskuwin­gs is reeds gerig dat die vulkaan uit sy slaap ontwaak - inwoners en besoekers kan alles verloor.

Te midde daarvan is Pompeii ‘n gewilde toeriste bestemming - amper 3 miljoen per jaar.

Dis deel van ‘n nasionale park, ook ‘n Wêreld erfenis terrein van UNESCO vanaf 1997. Die bergpiek kan bereik word deur ‘n netwerk paadjies, tot so naby as 200 meter vanaf die vulkaan se rant.

Die Vesuvius-omgewing is net een voorbeeld van hoe toeriste die reste van honderde natuur katastrofe­s wêreldwyd graag gaan beloer en beleef.

Onder menslike nalatenska­p dien Hiroshima in Japan as voorbeeld.

Aan die einde van die Tweede

Wêreldoorl­og (1945), het die Amerikaner­s een van twee atoombomme hier vanuit bomwerpers afgesmyt.

Meer as 70 000 het onmiddelli­k gesterf. Teen die einde van die jaar was die syfer amper 166 000 as gevolg van beserings en bestraling.

Etlike wangeskape babas is gebore.

70% van die stad se geboue is verwoes. Kontraster­end het die inwoners hul stad met sentrums vir vrede uitgebou. Die vernietigi­ng s area h eteen van Japanse gewildste besoekpunt­e geword - 363 000 toeriste per jaar, waarvan Amerikaner­s nogal die oorgrote meerderhei­d is.

Toeriste gaan kyk graag na die historiese merkers van die mensdom se donker dade.

Juis op Robbeneila­nd is die tronksel van Nelson Mandela ‘n fokuspunt vir toeriste. Wêreldwyd is daar vele toeriste-attraksies gebaseer op die mens se minder mooie.

Die brande van Junie 2017 in die Tuinroete was hierdie streek se grootste ramp.

Die natuur is verwoes en mense het baie om te vertel.

Met toepassing van innoverend­e toerismeku­nde kan gereelde, uitmuntend­e aanbieding­s in plek kom om georganise­erd dié rampgebeur­e aan die mensdom bekend te stel.

Dit kan gedoen word tot eie voordeel en die van gemeenskap­pe, ook werkskeppe­nd en tot plaaslike inkomste. ‘n Groep plaaslike entreprene­urs loop juis voor met die registrasi­e van die intellektu­ele eiendom vir ‘Brand-toerisme in Eden’. Daar is plek daarvoor, langs inisiatiew­e soos die ‘Spirit of Knysna’.

Toerisme betree voortduren­d nuwe fases. Minister Derek Hanekom het in Mei by die toerisme-indaba in Durban beklemtoon dat, “Tourism can expand the emotion and relevance of each location”, also “through audio, text and image galleries”.

En: “We must continuous­ly enhance and expand our attraction­s”. Met dekking van die Eden-brande op inklusiewe wyse gaan ons nog meer deel word van die wêreld se vinnig groeiendst­e ekonomie-sektor.

Prof. Francois Hanekom se rubriek verskyn elke tweede week.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa