George Herald

Sporthelde kuier saam met Eden MPA

-

Tertia en Jannie Putter het onlangs tydens Eden MPA (Modern Pentathlon Associatio­n) se motivering­sgeleenthe­de opkomende sportsterr­e en vroue in sport goed gemotiveer. Tertia het met die vroue gepraat oor hoe om ‘n positiewe vrou te wees as deel van Eden MPA se Woman in Sportproje­k.

Volgens Ulene Visser, Eden MPAvoorsit­ter, is elke vrou positief geraak en opgewonde oor die verskil wat hulle in die samelewing kan maak. “Mammas het weer moed ontvang vir die uitdagings wat hulle het met ma-wees, eggenoot, sportvrou en beroepsvro­u wees. Die daaglikse klein jakkalsies wat in hul kom nesmaak is uitgeskud en almal is vernuwe en reg om sukses in hul doelwitte te behaal,” sê Visser.

Jannie, motivering­spreker en sportsielk­undige asook die voormalige geestelike afrigter van die Blou Bulle, het opkomende sportsterr­e gemotiveer om te dink soos ‘n wenner.

“Om ‘n wenner te wees, beteken jy kan ‘n situasie op die sportveld of in die gewone lewe na die beste van jou vermoë hanteer en sodoende die optimale resultate behaal. Dis ‘n sielkundig­e voorsprong wat jou in staat stel om in situasies van druk beter te presteer as jou teenstande­rs. Die sleutel tot sukses lê binne elkeen van ons. Al wat dit verg, is ‘n voortduren­de proses van ontdekking en groei. Want sukses is nie ‘n bestemming nie, maar ‘n reis.”

Jannie het prakties gedemonstr­eer hoe om jou brein te oefen sodat jy positief in jouself sal glo. Die gehoor se monde het oop gehang toe Heike Janse van Vuuren ‘n item lewer.

Visser sê, niemand het dieselfde huis toe gegaan as toe hulle daar opgedaag het nie.

 ??  ?? Van links is Tronél van Rooyen, Ulene Visser (organiseer­ders van die oggend), en Tertia Putter.
Van links is Tronél van Rooyen, Ulene Visser (organiseer­ders van die oggend), en Tertia Putter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa