George Herald

Fietstoer bring hoop terug

-

Brümilda Swartbooi

Hoop, wees die hoop, steek jou hande uit na mekaar. So gaan die lirieke van Jo Black se liedjie, Bring die hoop weer terug, wat Saterdag Junie 23, die gees onder Hoërskool Outeniqua se Impak-portefeulj­e gebou het voor hulle die 525 km-fietstoer, vanaf George na Worcester, aangepak het. Trotse ouers en onderwyser­s het die leerders by Hoërskool Outeniqua afgesien voor hulle vertrek. Kwaggas het die fietstoer in samewerkin­g met Solidarite­it Helpende Hand aangepak ter ondersteun­ing vir minderbevo­orregtes en om 'n preprimêre klas vir Laerskool Herold, wat sowat 30 km buite George geleë is, te bou. Ruben van Eck van die Impak-portefeulj­e, sê die doel van die fietstoer is ook om weer hoop terug te bring. Hoërskool Outeniqua se adjunkhoof van akademie, Chris Hattingh, het die deelnemers vir hulle moed geprys, "Om 'n verskil in 'n ander mens se lewe te maak sal 'n verskil in jou eie lewe maak." Hattingh het die groep gemotiveer vir hulle lang reis met die lirieke van Bring die hoop weer terug, "Jy's die lig in die donker gang, jy's die baken wat op die heuwel staan," wat hand aan hand gaan met die skoollied se woorde, "roem van skole bron van lig."

Die groep het uit 25 leerders en onderwyser­s bestaan wat die fietstoer aangedurf het. Ses persone het per skof gery en elke dag is daar sowat 100 km afgelê. Die 2018-fietsgroep het op Woensdag 27 Junie, die fietstoer suksesvol op Worcester afgesluit. Die groep het verkeersbe­geleiding tydens die fietstoer geniet. Elandi Rautenbach, Impakporte­feulje organiseer­der, bedank die volgende borge wat die fietstoer moontlik gemaak het, Jatro Vleismerin­os, Botliersko­p, Piet du Toit Wildbedryf, Acme Tool Hire,

Cat Signs, 3@1, Ride Life en SFM.

 ??  ?? Kwaggas het die fietstoer in samewerkin­g met Solidarite­it Helpende Hand aangepak. Leerders van Laerskool Herold het die eerste dag van die fietstoer saam met die groep meegemaak.
Kwaggas het die fietstoer in samewerkin­g met Solidarite­it Helpende Hand aangepak. Leerders van Laerskool Herold het die eerste dag van die fietstoer saam met die groep meegemaak.
 ?? Foto’s: Brümilda Swartbooi ?? Sien meer foto’s en video by www.georgehera­ld.com
Die Impak-portefeulj­e het uitgesien na die fietstoer. Voor sit, Nelise van Aardt. Agter van links is Carmi Scholtz, Elka Scholtz, Luka Rossouw, Lourick Fourie en Ruben van Eck.
Foto’s: Brümilda Swartbooi Sien meer foto’s en video by www.georgehera­ld.com Die Impak-portefeulj­e het uitgesien na die fietstoer. Voor sit, Nelise van Aardt. Agter van links is Carmi Scholtz, Elka Scholtz, Luka Rossouw, Lourick Fourie en Ruben van Eck.
 ??  ?? Die fietstoer het amptelik vanaf Hoërskool Outeniqua vertrek.
Die fietstoer het amptelik vanaf Hoërskool Outeniqua vertrek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa