George Herald

Tweeling vier 80ste verjaarsda­g

-

Die 80 ste verjaarsda­g partytjie van Lettie Booyse van George en haar tweelingsu­s,

Lala Steenkamp van Pretoria was ‘n vrolike geleenthei­d waar 40 gaste gesellig saam gekuier het. Dit is verlede week aan huis van Booyse se dogter Mariëtte Visser, by wie sy woon, gehou.

Booyse stap nog graag, behoort aan ‘n musiekklub in George en is nog baie gesond. Steenkamp woon ook by een van haar kinders in Pretoria en stap die hele Pretoria vol en ry gereeld taxi om te kom waar sy wil.

Die vrolike luim by die partytjie is aangewakke­r toe familieled­e kans gekry het om verskeie liedjies vir die twee susters te sing.

Die twee is op 17 Junie 1938 in Witrivier, Mpumalanga, gebore en het daar grootgewor­d, matriek geskryf en is daar getroud. Hulle grootwordj­are op ‘n groot familiepla­as was baie gelukkig. Hulle was een van drie tweelinge en is deel van ‘n gesin van 10 kinders wat gebore is vir Fanie (‘n sendeling) en Magrieta Meyer.

Onder die 40 gaste by die partytjie was die tweeling se broer, Fanie Meyer (72) van Mokopane en hul suster, Magdel Richter (86).

Booyse het vier kinders (Johan, Mariëtte, Stephan en André), agt kleinkinde­rs en vier agterklein­kinders en Steenkamp twee kinders en een kleinkind. Hul susters Liena van den Bergh van Louis Trichardt (87) en Hester Hockley (89) van Pretoria kon weens ongesteldh­eid nie die partytjie bywoon nie.

Die ander twee tweelinge in die Meyerfamil­ie was seuns van wie slegs Fanie nog leef.

 ??  ?? Die tweelingsu­sters Lettie Booyse (in pienk) en Lala Steenkamp (in blou) saam met hul broer Fanie Meyer (staande, regs) en suster Magdel Richter (sittend, links in die 2de ry van voor) en van Lettie se kinders, kleinkinde­rs en agterklein­kinders.
Die tweelingsu­sters Lettie Booyse (in pienk) en Lala Steenkamp (in blou) saam met hul broer Fanie Meyer (staande, regs) en suster Magdel Richter (sittend, links in die 2de ry van voor) en van Lettie se kinders, kleinkinde­rs en agterklein­kinders.
 ??  ?? Lettie Booyse van George en haar tweelingsu­s, Lala Steenkamp se 80ste verjaarsda­gviering was ‘n fees.
Lettie Booyse van George en haar tweelingsu­s, Lala Steenkamp se 80ste verjaarsda­gviering was ‘n fees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa