George Herald

George-skrywer toer met De Zalze-boek

- Alida de Beer

George-skrywer Jaap Rabie, het hierdie week op 'n landwye toer vertrek om sy boek, Die De Zalze Moorde - die onvertelde storie, bekend te stel.

Die boek is gebaseer op die moordverho­or van Henri van Breda wat vroeër vandeesmaa­nd in die Kaapse hooggeregs­hof drie keer lewenslang­e tronkstraf opgelê is vir die bylmoord op sy ouers, Martin en Teresa, en sy broer Rudi. Hy het 'n bykomende 15 jaar gekry vir poging tot moord op sy suster, Marli.

Dit is 'n nuwe uitgawe van Rabie se oorspronkl­ike boek,

Die De Zalze Moorde - die storie agter die storie, wat hy vrywillig onttrek het nadat kapsie aangeteken is teen sy gebruik van 'n Facebook-foto van Marli van Breda. "Dit is ook gedeelteli­k herskryf om te sorg dat niks persoonlik­s oor Marli of enigiets wat aanstoot kan gee, verskyn nie," sê Rabie.

Die boek bevat inligting wat nog nie gepublisee­r is nie. Rabie wil hom nie uitlaat oor Henri se skuldigbev­inding nie. "Lees my boek," sê hy en voeg by dat die regter 'n weldeurdag­te uitspraak gelewer het. "Henri se tannie, Leenta Nel, wat dele van die boek saam met my geskryf het, glo steeds in sy onskuld. Ons sal maar sien wat die appèl oplewer."

Die appèl word Woensdag 27 Junie aangehoor.

Rabie het gereageer op 'n berig in Rapport wat beweer dat Henri aan Marli se gewese vriend, Stefan van der Westhuizen erken het dat hy die moorde gepleeg het. "Ek kon my oë nie glo toe ek dit lees nie. Maar die berig sê nie hy het vertel hy het die moorde gepleeg nie - net dat hy 'opgeneuk' het. Dit kom nie op dieselfde neer nie. 'n Groot fout van Henri was om aan te dring om te getuig. Hy was nie geloofwaar­dig nie. Hy kon bedoel het dat hy met daardie besluit (om te getuig) 'opgeneuk' het.

"Selfs die staatsaank­laer en die regter kon nie 'n motief vind nie. Onthou, Henri erf nie. Die geld lê in twee trustfonds­e, een plaaslik en die grootste een in Australië. Daar is nog baie onbeantwoo­rde vrae. Ek spreek sommige aan in my boek."

Die boek is nou ook beskikbaar in Engels, The De Zalze Murders - the untold story.

 ?? Foto: Alida de Beer ?? Jaap Rabie gaan op ‘n toer om sy boek bekend te stel.
Foto: Alida de Beer Jaap Rabie gaan op ‘n toer om sy boek bekend te stel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa