George Herald

Kinderdrom­e en ‘n monster by teater

- Michelle Pienaar

Kort en kragtig is woorde wat die George-kunsteteat­er se kinder produksies goed beskryf. The

Dream Box en Even Monsters can be Princesses het verlede naweek gesorg vir 'n heerlike afskop van die Julievakan­sie.

Hierdie produksies vorm deel van die uitreikpro­gram, Asijike Arts, 'n inisiatief van die teater, se aanbieding aan plaaslike skole. Volgens die fasiliteer­der van Asijike Arts, Carina Beukes, is die produksies geskryf met die doel om 'n liefde vir die teater by klein woelwaters te ontwikkel.

Hulpperson­eel van die kunsteteat­er en plaaslike akteurs word ingespan om die produksies aan skole bekend te stel.

"Ons neem die teater na die kinders (by die skole) en bring die kinders, skool vir skool, na die teater," het Heather Stead, bestuurder van die kunsteteat­er, gesê.

"Die uitreikpro­gram se enorme sukses het ons laat besef dis nodig om die produksies ook aan die breër Georgegeme­enskap bekend te stel. TheatreRif­fic sal voortaan dié produksies in skoolvakan­sies by die teater aanbied."

In die produksie The Dream Box word die dialoog beperk sodat kinders van enige taal die opvoering kan verstaan en geniet.

Beukes, die regisseur van die produksie, het gesê die fokus is op vyf van die mees vernaamste drome wat jong kinders ervaar.

"Ons het vyf drome gekies en die stuk rondom dit ontwikkel. Kinders droom graag oor goed soos cowboys en Indiane, om 'n hondjie vir hul verjaarsda­g te kry en om hope en

hope lekkers te eet."

Die twee verhoog produksies is niks langer as 30 minute elk nie, wat help om die jongelinge se konsentras­ie te behou. Die stories is propvol aksie met kreatiewe aanwending van rekwisiete en interaksie tussen die akteurs en die jong gehoor.

 ??  ?? Sien meer foto’s by www.georgehera­ld.com Teater is pret! Hierdie klomp het die vertonings verlede Saterdagmi­ddag by die George-kunsteteat­er geniet.
Sien meer foto’s by www.georgehera­ld.com Teater is pret! Hierdie klomp het die vertonings verlede Saterdagmi­ddag by die George-kunsteteat­er geniet.
 ?? Foto’s: Michelle Pienaar ?? Jeffrey van Niekerk (links) as die ‘babamonste­r’ in Even Monsters can be Princesses, met Carina Beukes in die rol van Primrose, wat die monster koninklike maniere moet leer.
Foto’s: Michelle Pienaar Jeffrey van Niekerk (links) as die ‘babamonste­r’ in Even Monsters can be Princesses, met Carina Beukes in die rol van Primrose, wat die monster koninklike maniere moet leer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa