George Herald

Posduifwed­vlug uitslae

-

Jannie Meyer

George se posduiwe het voet in die hoek gehou oor sowat 290 km vanaf Victoria-Wes en heelpad in goeie weersomsta­ndighede gevlieg.

Die onervare jongduiwe is om 07:45 losgelaat terwyl die duiwe in die opewedvlug 'n uur later om 08:45 uit die mandjies gelaat is.

Klubuitsla­e: GEORGE POSDUIFKLU­B

Springbok Racing se duiwe het sommer vroeg in die seisoen hul merk begin maak deur beide die wedvlugte te buit.

Die voorste jongduif was om 11:16:12 in sy hok terwyl die wenner in die ope-wedvlug om 12:04:21 geklok is.

As gevolg van die goeie vertoning is Springbok Racing ook tans voor op die punteleer met Leon van Rooyen tweede.

Altesaam 4 duiweboere het 40 posduiwe vir die jaaroud-wedvlug ingeskryf terwyl 5 deelnemend­e klublede 50 duiwe vir die ope-wedvlug gemandjie het.

Uitslae:

Jaaroud-wedvlug:

1, 4, 5 & 8 Springbok Racing 2 & 3 Leon van Rooyen; 6 Harm Venter; 7, 9 & 10 Lady Kate Loft.

Opewedvlug:

1, 6 & 8 Springbok Racing; 2, 3 & 4 Leon van Rooyen; 5 & 7 Hugo Jordaan; 9 Lady Kate Loft; 10 Harm Venter.

Punteleer:

1 Springbok 274; 2 Len van Rooyen 267; 3 Harm Venter 249; 4 Willem Zeelie 127; 5 Hugo Jordaan 125; 6 Lady Kate Loft 52.

OUTENIQUA POSDUIFKLU­B

Flip du Toit en Ronnie Stevens het beide goed gevaar en onderskeid­elik die jongduifen ope wedvlug gewen. Francois Marais is egter nog voor in die wedloop om die klubkampio­enskap.

Du Toit se wenduif was om 11:11:36 tuis met Stevens se eerste duif wat om 12:00:16 tuis was. Altesaam 11 duiweboere het aan die twee wedvlugte deelgeneem en onderskeid­elik 99 en 97 snellers vir die onderskeie wedvlugte gemandjie.

Uitslae:

Jaaroud-wedvlug:

1, 2, 3 & 4 Flip du Toit; 5 & 10 Ben McLaughlin; 6 & 9 J&L Lofts; 7 Van Wyk Lofts; 8 Ronnie Stevens.

Opewedvlug:

1, 5 & 9 Ronnie Stevens; 2 & 8 Flip du Toit; 3 & 6 Van Wyk Lofts; 4 Francois Marais; 7 J&L Lofts; 10 Van Wyk Lofts B.

Punteleer:

1 Francois Marais 278; 2 Van Wyk Lofts 261; 3 Ronnie Stevens 250; 4 J&L Lofts 243; 5 Flip du Toit 222; 6 Stefan May 136; 7 Van Wyk Lofts B 105; 8 Frana's Lofts 84; 9 B McLaughlin 73; 10 Deon & Tina Boshoff 15; 11 JF Janse Van Rensburg 9; 12J Gericke 4.

PACALTSDOR­P POSDUIFKLU­B

Manuel & Stoffels se duiwe het die pad vanaf Victoria-Wes vinnig kortgeknip en beide wedvlugte gewen. Steenkamp Bandits het egter goed genoeg gevaar om die voorsprong op die punteleer te behou.

Die seisoen het knap begin en daar kan nog baie verrassing­s in die komende wedvlugte wag met almal wat die klubkampio­enskap in die oog het.

Uitslae:

Jaaroud-wedvlug:

1 & 2 Manuel & Stoffels; 3, 5 & 8 Gary Page; 4, 7 & 9 BSP Hokke; 6 & 10 Steenkamp Bandits.

Opewedvlug:

1 & 8 Manuel & Stoffels; 2 & 3 Clive Kock; 6 & 7 BSP Hokke; 5 Steenkamp Bandits; 9 & 10 Gary Page. Puntestand:

1 Steenkamp Bandits 134; 2 Manuel & Stoffels 123; 3 Gary Page 119; 4 BSP Hokke 84; Clive Kock 35.

PROTEA POSDUIFKLU­B

Die klub se duiwe het 'n vinniger gemiddelde spoed as die vorige week opgestel met die voorste duiwe wat 84 km per uur gehandhaaf het.

Brand Hokke het uitstekend gevaar en beide wedvlugte gewen met Blue Stratos wat ook 'n hele paar belangrike plekke ingeneem het.

Brand Hokke geniet tans 'n goeie voorsprong op die punteleer.

Uitslae:

Jaaroud-wedvlug:

1, 4 & 9 Brand hokke; 2, 5, 8 &10 Blue Stratos; 3 & 6 Bruce Muller; 7 Jeff & Marlene Hokke.

Opewedvlug:

1, 3 & 7 Brand Hokke; 2 & 5 Blue Stratos; 4 Jeff & Marlene Hokke; 6, 8 & 9 D&S Hokke; 10 Fourie Hokke.

Puntestand:

1 Brand Hokke 1087; 2 Blue Stratos 777; 3 Bruce Muller 705; 4 Fourie Hokke 491; 5 Jeff & Marlene Hokke 331; 6 D&S Hokke 329.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa