George Herald

Eerste George Mountain Ultra Trail betowerend

-

Die eerste George Mountain Ultra

Trail (MUT) is pas in die Outeniquan­atuurreser­vaat deur EcoBound Mountain Events aangebied. Die MUT-uitdaagwed­ren oor 60 km en 25 km het atlete van oral in Suid-Afrika gelok. Heelwat plaaslike atlete was ook in aksie, onder andere twee bekende oudinwoner­s, AJ Calitz en Chantel Nienaber.

Beide die 25 km- en 9 km-roetes het roetes in die berg ingesluit. Die 25 km was veral uitdagend en is agterna deur die atlete beskryf as een van die moeilikste in die land. En die 9 km ‘MUT Lite’ het eweneens 'n sterk veld atlete getrek wat ook nie uitgepraat kon raak oor die mooi roete nie.

Die wenner van veeleisend­e die 60 km, Roelof Mostert, reken die George MUT gaan in 'n wêreldklas­byeenkoms ontwikkel. Sy wentyd was 6:21:10.

Zane Schmahl van EcoBound, wat ook die direkteur van die byeenkoms was, sê die terugvoer oor die byeenkoms was uitstekend. "Ons is in ons noppies en trots dat ons die roetes van George die blootstell­ing kon gee wat dit verdien."

Jacques Mouton, die roetedirek­teur, het sy sentimente beklemtoon en gesê met dié byeenkoms glo hy die sport sal groei en dat dit beslis meer atlete landwyd sal lok om in George te kom deelneem."

Die resultate is op die webblad www. georgetrai­lrun.co.za beskikbaar. Tony Cook (links), die amptelike seremoniem­eester by vanjaar se eerste George Mountain Ultra Trail (MUT), saam met Clare Labuscahgn­e van die mediaspan en Jacques Mouton, die meesterbre­in agter die roetes se beplanning en uitleg. Zane Schmahl (links), van Ecobound Mountain Events en direkteur van die George Mountain Ultra Trail, saam met Roelof Mostert, wenner van die 60 km-wedloop.

 ??  ?? GiannaMara­is was die algehele wenner van die 10 km-roete. John April was darem nie te moeg om vir die fotograaf te wuif nie.
GiannaMara­is was die algehele wenner van die 10 km-roete. John April was darem nie te moeg om vir die fotograaf te wuif nie.
 ?? Foto’s: Deidre Kachelhoff­er ?? Op julle merke, gereed...Van links staan Travis Oosthuizen, Troy Schofield en Noah Wierzba oorgehaal om aan die George Mountain Ultra Trail se 9 km-wedloop deel te neem.
Foto’s: Deidre Kachelhoff­er Op julle merke, gereed...Van links staan Travis Oosthuizen, Troy Schofield en Noah Wierzba oorgehaal om aan die George Mountain Ultra Trail se 9 km-wedloop deel te neem.
 ??  ??
 ??  ?? Walter Lutsch het die eerste George MUT terdeë geniet.
Walter Lutsch het die eerste George MUT terdeë geniet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa