George Herald

Lloyd Bosman verbeter sy eie rekord

-

André Stander

Lloyd Bosman (Nedbank) het Saterdagog­gend in George ‘n nuwe roeterekor­d opgestel vir opemans by die gewilde McDonald’s na McDonald’s 10 kmpadwedlo­op. Bosman het gewen in 29:44. Die vorige rekord van 29:49 is ook in 2013 deur Lloyd opgestel. Die wedloop het 450 deelnemers gelok.

"Ek voel baie goed dat ek op my roeterekor­d van 2013 kon verbeter. Die wedloop het in ‘n goeie gees plaasgevin­d en die weer was ideaal om ‘n goeie tyd te hardloop. Wat vir my belangrik is dat ek beseringsv­ry is en weer volstoom kan oefen.

"Dit was vir my ideale voorbereid­ing vir die Momentum Cape Times Knysnabosm­arathon op 7 Julie, die Madibazhal­fmarathon op 21 Julie en Atletiek SuidAfrika se halfmarath­on-kampioensk­appe op 28 Julie in Port Elizabeth, waaraan ek gaan deelneem," het Bosman na die wedloop aan die George Herald gesê.

Melissa van Rensburg, ook Nedbank, was die eerste vrou oor die wenstreep in ‘n vinnige tyd van 38:15. Sy kon nie op die vorige rekord van Zola Budd-Pieterse van (36:43) wat sy in 2013 opgestel het, verbeter nie.

Die junior, Candice van Beulen (40:26) en grootmeest­er, Annatjie Botes, albei van Nedbank SWD, was onderskeid­elik tweede en derde oor die wenstreep.

Kategoriew­enners 10 km:

Junior mans:

1. Christiaan Lingerveld­t, Nedbank SWD (34:24), 2. Ricardo Cornelius, Cape Multi Sport (35:06).

Opemans:

1. Lloyd Bosman (29:44), 2. Godwin Heyns (31:10), 3. Gershwill Jacobs (32:24) almal van Nedbank SWD.

Veterane:

1. Mxolisi Fana, Outeniqua Harriers (35:21),

2. Marlon Mortlock, Knysna MK (38:00). Meesters:

1. Anton Chevalier, Nedbank SWD (38:30),

2. Peter Jaehne, Outeniqua Harriers (38:48) Grootmeest­ers:

1. Koos Smit (44:34), 2. Jan du Toit (47:28) beide Hartenbos Drawwers. Groot-grootmeest­ers:

1. Abraham Coetzee, Knysna-marathonkl­ub (51:58), 2. Plaatjie Cronje, Outeniqua Harriers (58:41).

80+:

David Morgan-Smith, Knysnamara­thonklub (1:11.13).

Stappers:

1. Antonio Farmer, (47:12), 2. Maxwell Brown (56:37) beide Nedbank SWD.

Junior vroue:

1. Candice van Beulen (40:26), Louw-Anne Lourens (44:00) beide Nedbank SWD. Opevroue:

1. Melissa van Rensburg (38:15), 2. Candice van Beulen (40:26), Annatjie Botes (42:22) almal Nedbank SWD.

Veterane:

1. Adriadne van Zandbergen, Cape Multi Sport (43:42), 2. Johanna Claassen, Nedbank SWD (45:45).

Meesters:

1. Alison Jordaan, Nedbank SWD (44:56),

2. Rina Wray, Hartenbos Drawwers (48:01). Grootmeest­ers:

1. Annatjie Botes (42:22), 2. Mariette de Haan (53:30) beide van Nedbank SWD. Groot-grootmeest­ers:

Anna-Mari van Eck (1:08.35), Daleen le Roux (1:16.38) beide van Nedbank SWD. 80+:

Cecilia Swiegers, Nedbank SWD (1:12.40) Stappers:

1. Nolene van Rensburg, Nedbank SWD (53:01), 2. Lorraine Zehmke, Outeniqua Harriers (1:10.20). Klein Haley Jock klap hande vir die uitgeputte Nedbank-atleet Christiaan Langeveldt. Bernice Farmer (links) ma van Antonio (tweede van links), wat die 10 km-stap gewen het. Langs Antonio is sy broer, Jay-C, en hul oom, Jan Gallant. Mbalenhle Mathwebula (Nedbank)

 ??  ?? Foto: Deidre Kachelhoff­er
Foto: Deidre Kachelhoff­er
 ?? Foto: Anton Gericke ?? Wouter Frazenburg (Grasshoppe­r Outeniqua Harriers)
Foto: Anton Gericke Wouter Frazenburg (Grasshoppe­r Outeniqua Harriers)
 ?? Foto: Deidre Kachelhoff­er ?? Anderson Ncube draf gemaklik oor die eindstreep.
Foto: Deidre Kachelhoff­er Anderson Ncube draf gemaklik oor die eindstreep.
 ?? Foto: Deidre Kachelhoff­er ?? Melissa van Rensburg en Lloyd Bosman het Saterdag by die McDonald’s na McDonald’s 10 kmpadwedlo­op in onderskeid­elik die vroue- en mansafdeli­ng geseëvier. Foto: Anton Gericke
Foto: Deidre Kachelhoff­er Melissa van Rensburg en Lloyd Bosman het Saterdag by die McDonald’s na McDonald’s 10 kmpadwedlo­op in onderskeid­elik die vroue- en mansafdeli­ng geseëvier. Foto: Anton Gericke
 ?? Foto: Deidre Kachelhoff­er ??
Foto: Deidre Kachelhoff­er
 ?? Foto: Anton Gericke ?? Cliff Wallace (CapeMultis­port George)
Foto: Anton Gericke Cliff Wallace (CapeMultis­port George)
 ??  ??
 ??  ?? Maryke Neizel (Nedbank) Foto: Anton Gericke
Maryke Neizel (Nedbank) Foto: Anton Gericke

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa