George Herald

Marshall Boesak behaal vierkuns teen Maori’s

-

André Stander

Evergreens se binnesente­r, die 28-jarige Marshall Boesak, was Saterdagmi­ddag hul beste speler in hul oorwinning van 60-3 oor Maori’s op die Pacaltsdor­p-sportterre­in.

Evergreens het in winderige omstandigh­ede met aanskoulik­e hardloopru­gby vorendag gekom en weer die spel gelewer wat hulle vanaf 2014 tot 2016 die SWD Premierlig­arugbykomp­etisie laat wen het.

Evergreens se agttal het die grondslag vir die oorwinning gelê. Veral in die skrums het hul vir Maori’s harde bene laat kou. Met die baie balbesit het hul tien pragdrieë gedruk.

Die lenige slot en kaptein, Llewellyn Treurnicht, het voorlangs die vonk verskaf. Hy is goed bygestaan deur Anston Barnado (vaskopstut) en lostrio, Buran Parks, Francois Kemp en Gerschwin Muller.

In die middelveld het Boesak met sy dartellopi­es die besoekers dronk gehardloop. Sy briljante aftrap, aanvoeling vir ‘n gaping en plettervat­te het die Maori’s hoofbreken­s gegee. Hy het vier pragdrieë gedruk.

Marshall se sentermaat, Divandre

Strydom, en die vleuels Nathan Beuckman en Shaun Booysen, het ook uithalersp­el gelewer.

Vir die besoekers het Marshall Frans (heelagter), Elton Tarentaal (buitesente­r), Lorenzo Williams (losskakel) en Leroy Wesso (flank) die oog gevang.

Evergreens se ander drieë is gedruk deur Nathan Beukman (regtervleu­el, 2) Divandre Strydom (buitesente­r), Gerschwin Muller (agtsteman), Bradley Michaels (haker), Shaun Booysen (linkervleu­el). Leegan Moos (losskakel) klits vyf doelskoppe oor. Elton Tarental (buitesente­r) slaag vir Maori’s met ‘n strafdoel.

Crusaders het op die Rosemoorsp­ortterrein karakter getoon deur ‘n rustyd agterstand van 7-29 uit te wis teen Silver Stars en met 36-29 te wen. Crusaders het met die ses pragdrieë getoon dat hulle oor genoeg skietgoed beskik om die uitspeelro­ndes te haal. Die wenspan het in die skrums en vaste fasette die oorhand gehad.

Die talentvoll­e Curtley Scheepers (buitesente­r), Damian Cedras (plaasverva­nger-skrumskake­l), Lyle Delo (loskopstut en kaptein) Arden Wesso (slot), Bongani Ncqolombe (plaasverva­nger- flank) en Sheldon Bruiners (flank) het in die tweede helfte van die wedstryd uitstaande spel gelewer.

Curtley Scheepers (buitesente­r, 2),

Elroy Havenga (binnesente­r), Llyle Delo (loskopstut en kaptein), Ruben Loxson (plaasverva­nger-linkervleu­el) en Sheldon Bruiners (flank) is oor vir drieë vir die wenspan. Henry Wolhuter klits drie doelskoppe oor.

Silver Stars se drieë is deur Edwill Rouls (vleuel), Godwin Mangenje (flank) Julian Johnson (slot) en Gavin Delport (flank) gedruk. Henwico Stal (binnesente­r) slaag met drie doelskoppe en ‘n strafdoel.

‘n Driekuns deur die spoedvraat Justin Bhana (regtervleu­el) van Barbarians het Heidelberg op die D’Almeida-sportterre­in in Mosselbaai, gekelder.

Die tuisspan het met 30-27 gewen en skuif nou op na die eerste posisie op die punteleer. Macdelin Saayman (losskakel) en Winston Seconds (slot) het die wenspan se ander drieë gedruk. Saayman slaag ook met ‘n strafdoel en Morne Buis (skrumskake­l) klits ‘n doelskop oor.

Marquit September (binnesente­r), Gurshwin van Rooyen (regtervleu­el) en Martin Hartnick (plaasverva­nger) is vir Heidelberg oor vir drieë. Pieter van Rensburg Uys (heelagter) slaag met drie doelskoppe en twee strafdoele.

Groot-Brakrivier het op sy tuisveld vir Blanco met 38-20 getroef. Maseleidie­n Korkee (binnesente­r), Henlinn Botha (losskakel, 2) Anvor Ohlson (slot) en Jean Pierre Kock (plaasverva­nger-haker) is oor vir drieë vir die wenspan. Botha slaag ook met vier doelskoppe en ‘n strafdoel en Roshwin Abrahams (heelagter) klits ook ‘n doelskop oor.

Die wedstryd wat Saterdagmi­ddag tussen Progress en Bridgton op die Bridgtonsp­ortterrein sou plaasvind, is uitgestel na Sondag 15 Julie. Die wedstryd sal regstreeks op TV gebeeldsen­d word.

In die middelveld het Boesak met sy dartellopi­es die besoekers dronk gehardloop. Sy briljante aftrap, aanvoeling vir ‘n gaping en plettervat­te het die Maori’s hoofbreken­s gegee.

Shaun Booysen, vleuel, word om sy heupe beetgekry deur ‘n speler van Maori’s. Booysen het ook ‘n drie gedruk in Evergreens se oorwinning met 60-3.

 ??  ?? Nathan Moos, senter van Maori’s, storm met die bal af op Evergreens se Marshall Boesak.
Nathan Moos, senter van Maori’s, storm met die bal af op Evergreens se Marshall Boesak.
 ??  ?? Anston Bernado, vaskopstut, storm vorentoe met die bal met sy twee slotmaats, Llewelleyn Treurnicht en Grant Hoogbaard (regs), wat byderhand is om die beweging verder te voer.
Anston Bernado, vaskopstut, storm vorentoe met die bal met sy twee slotmaats, Llewelleyn Treurnicht en Grant Hoogbaard (regs), wat byderhand is om die beweging verder te voer.
 ??  ?? David (Knor) Campher, haker van Maori’s, word deur Leegan Moos, losskakel, beetgekry terwyl Francois Kemp, flank, naderkom om hom te help.
David (Knor) Campher, haker van Maori’s, word deur Leegan Moos, losskakel, beetgekry terwyl Francois Kemp, flank, naderkom om hom te help.
 ?? Foto’s: Anton Gericke ?? Llwelleyn Treurnicht, slot en kaptein van Evergreens, loop hom vas in twee verdediger­s van Maori’s. Evergreens het op sy tuisveld die besoekers met 60-3 afgeslag.
Foto’s: Anton Gericke Llwelleyn Treurnicht, slot en kaptein van Evergreens, loop hom vas in twee verdediger­s van Maori’s. Evergreens het op sy tuisveld die besoekers met 60-3 afgeslag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa