George Herald

Rugbydroom word waar vir Darryn

- Salette Cloete

Drome is goed om te hê, maar sonder finansiële bystand bly sommige drome net drome. Dit is wat Darryn Fortuin, 'n leerder van Hoërskool Outeniqua, onlangs geleer het. Darryn is amper van sy droom om oorsee rugby te speel ontneem. Hy moes voor verlede Sondag R17 000 hê om die toer mee te maak.

Sy ma, Sherine Fortuin, vertel hy is "basies met 'n rugbybal in die hand" gebore. Sy sê as kind kon hy nooit stilsit nie, en het sy juffrou hom op 'n rugbybal laat sit.

"Omdat hy nie kan stilsit nie, het hy aan amper elke sportsoort deelgeneem. Maar ons het besluit omdat hy vanjaar gr. 11 is, gaan ons net op rugby konsentree­r. Sy afrigters het te veel in die verlede gekla."

Darryn, wat 'n jongman van min woorde is, sê hy is baie dankbaar vir al die hulp en donasies. Hy kon Sondag op 'n vlug na Johannesbu­rg klim waar hy by sy span aangesluit het. Sherine sê die span sou Dinsdag uit Johannesbu­rg na Dubai vlieg en vandaar na Amerika.

Darryn en sy span gaan in Texas, Amerika, aan 'n toernooi deelneem wat hy sê hulle beplan om te wen. "Ons het reeds besluit ons gaan om te wen, al is dit 'n vriendskap­like wedstryd."

Sherine het verlede Vrydag met George Herald gesels na 'n groepie kleinsake-eienaars van George ook 'n bydrae gelewer het. Die uitdaging deur Basil Myners van BM Skills Developmen­t was aan kleinsake-eienaars om sy R1 000 te verbeter of te ewenaar. Basil sê 'n paar het dit geëwenaar, maar hy is bly vir die wat 'n bydrae gemaak het.

Volgens sy ma het 'n anonieme skenker uit Dubai R8 000 inbetaal.

"Hy wil nie genoem word nie, net 'n uitnodigin­g hê na Darryn se eerste Springbok-wedstryd.

“Daar was ook 'n vrou uit Dubai wat

R10 000 inbetaal het. Ons kon dit gebruik vir aankope en so." Volgens Sherine het hulle ook 'n hele paar kontantbyd­raes in die hand gekry, sowat R5 000, wat Darryn as sakgeld kan gebruik.

Sy sê hy besef hoe hard almal gewerk en gepoog het om hom met sy droom te help.

Sy woorde aan sy ma voor hy op die vlug geklim het, was: "Mammie, dankie vir mammie en al die mense daar buite wat glo in my. Met die Here se genade sal ek probeer om julle almal trots te maak. Ek weet hoeveel dit geverg het om die toer moontlik te maak."

 ??  ?? Sherine en Darryn Fortuin.
Sherine en Darryn Fortuin.
 ??  ?? Van links is Elton Olivies van Victoria Driving school, Willie-John van Niekerk van Volksmaste­r, Darryn Fortuin en sy ma, Sherine Fortuin en Basil Myners van BM Skills Developmen­t. Hulle is eienaars van klein besighede wat geld geskenk het sodat Darren saam met sy span oorsee kan gaan.
Van links is Elton Olivies van Victoria Driving school, Willie-John van Niekerk van Volksmaste­r, Darryn Fortuin en sy ma, Sherine Fortuin en Basil Myners van BM Skills Developmen­t. Hulle is eienaars van klein besighede wat geld geskenk het sodat Darren saam met sy span oorsee kan gaan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa